Deel van Vrystaatse Cope-leierskap sê openlik steun aan Shilowa toe

Mbazima (Sam) Shilowa
Deel op

Mbazima (Sam) Shilowa“Die Shilowa Express loop sterk, en die nasionale kongres van Cope gaan voort.”

So is ’n nuuskonferensie van ‘n deel van Cope se Vrystaatse tussentydse provinsiale leierskapgroep ingelui.

Dié nuuskonferensie is belê om steun aan die Shilowa-groep toe te sê wat wil hê die nasionale konferensie moet voortgaan soos die grondwet en beplanning tot dusver behels het. “Daar sal Vrystaatse afgevaardigdes by die kongres wees, al besluit die tussentydse bestuur om die kongres te boikot,” aldus mnr. Mahlomola Ralebesi, een van die groep Shilowa-ondersteuners.

Nog ‘n bekende op die nuuskonferensie was me. Gertrude Mothupi.

“Die omspringery (van Lekota se ondersteuners) oor die nasionale konferensie het eers gekom nadat ‘n oudit van takke gedoen is en dit aan die lig gebring het dat die Leokota-groep te min steun gaan hê om te keer dat Shilowa-groep koning kraai. Boonop meen die groep Cope moet nou ‘n beleid kry sodat besluit kan word of genoeg raakvlakke bestaan om aan opposisie-aliansiepolitiek deel te neem.

Hoewel die groep erken dat verskeie blankes bedank het, meen hulle nie die bedankings is so omvangryk dat dit die aanvanklike euforie oor ‘n werklike nie-rassige party gaan ondermyn nie.

купить недорого пальтоЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.