Matshikiza ‘moet bedank ná plakkery’ – VF Plus

Deel op

Die VF Plus eis dat die burgemeester van die Wesrandse Distriksmunisipaliteit (WRDM), Faith Matshikiza, onmiddellik bedank.

Dit volg na die onwettige besetting van grond in die sogenaamde Wieg van die Mensdom binne ‘n UNESCO-geregistreerde wêrelderfenisgebied by Kromdraai net buite Krugersdorp. Grondeienaars veg al ‘n jare lange stryd teen die munisipaliteit om hoë digtheid behuising in die gebied te keer nadat ‘n geologiese verslag aanbeveel het dat die dolomitiese gebied nie daarvoor geskik is nie.

“Die WRDM en meer spesifiek die uitvoerende burgemeester is deurentyd deur die grondeienaars en die VF Plus ingelig oor die dreigende grondbesetting en die gevare daarvan.  Sy het dit egter blatant geïgnoreer,” het mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW en provinsiale leier in Gauteng , gesê.  Mulder het verlede maand ‘n onderneming van die burgemeester ontvang dat die kwessie voor einde April opgelos sou wees.

Die VF Plus se versoek om ‘n gesprek tussen die grondeienaars van Kromdraai en die distriksmunisipaliteit is geweier en die besetting van die grond het voortgegaan totdat meer as 50 hutte reeds opgerig was.  Die grondbesetting vind plaas op ‘n stuk grond wat aan die WRDM behoort nadat onhaalbare beloftes oor die verskaffing van grond en huisvesting deur die ANC-raad tot frustrasie onder die plakkers gelei het.

Die inwoners het met ‘n hofaansoek in die Suid-Gautengse hooggeregshof daarin geslaag om die plakkery te stop en ‘n proses is begin om die onwettige plakkers te verwyder. Op die oomblik sper die Kromdraai-plakkers die teerpad met brandende motorbande af en motoriste word verhoed om die pad te gebruik.

Hierdie is ‘n voorbeeld van ‘n onwettige grondbesetting wat deur die owerhede aangeblaas word.  Mulder het die LUR vir Gauteng , Firoz Cachalia wat getaak is met die gebied, versoek om onmiddellik in te gryp.

“Enige skade aan eiendom, beserings of lewensverlies kan vierkantig voor die deur van die burgemeester van die WRDM gelê word.  Die sukses van die hofaansoek getuig dat ‘n gemeenskap wat saamstaan wel nog deur die howe van Suid-Afrika beskerm kan word,” het Mulder bygevoeg.

Die fiasko speel ironies af binne 5 kilometer vanaf die Kloofsig Lodge waar die Australiese sokkerspan binnekort sal tuisgaan.

нагрузка генератора сигналовФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.