Taalstryd moet harder raak

Dan Roodt
Deel op

Jaap Steyn is seker een van die grootste Afrikaanse skrywers en intellektuele van alle tye. Indien hy Frans, Duits of Italiaans was, sou hy lankal deur die staat en die nasionale media vereer gewees het. Danksy die ANC en dié se skoothondjie, Nasionale Pers, word Steyn se reuse-oeuvre met tientalle boeke oor ons taal, geskiedenis en manjifieke biografieë nie na waarde geskat nie.

In vandag se aflewering van sy gereelde geskiedenisbrokkies oor die verengelsing van Afrikaners onder die Britse bewind aan die Kaap, onthul Steyn dat die universiteit van Kaapstad deur Afrikaners in die konsistorie van ‘n NG Kerk in 1829 gestig is! Daarna is dit egter gou-gou verengels, net soos Stellenbosch, Tukkies, Kovsies, Potchefstroom en die voormalige RAU in ons tyd verengels is of verengels word.

Die geskiedenis herhaal homself telkens in ons land. Ná 1902 het Afrikaners georganiseer en hulself onder die oranje blanje blou as ‘n volk gekonstitueer ten einde ‘n tweede volksmoord soos dié van die Britse konsentrasiekampe te voorkom. Vandag is die tweede volksmoord wat ons voorouers gevrees het egter in volle swang, tesame met die hernieude verengelsing van feitlik alle Afrikanerinstellings.

In Suid-Afrika het die onderdrukking van Afrikaans nog altyd hand aan hand gegaan met die fisieke uitwissing van ons volk. ‘n Mens kan dit amper ‘n beginsel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis noem. Eintlik is dit heel logies, want om ‘n volk van sy taal te ontneem en agterna by die oorwinnaar se kultuur in te lyf, is ‘n ewe doeltreffende metode van volksmoord as om mense fisiek uit te delg. Vanweë die feit dat Brittanje in die eerste helfte van die negentiende eeu nie genoeg Britse immigrante na die land kon stuur om Afrikaners eenvoudig demografies te oorweldig nie, het volksmoord egter mettertyd deel van Britse beleid geraak.

Die haat vir alles wat Afrikaans is en wat op die duur volksmoord moet aanvuur, is in die 1940s en 1950s baie doeltreffend aan die radikale swart leierskap van Nelson Mandela, Oliver Tambo, Walter Sisulu en ander deur die Anglikaanse kerk oorgedra. Vader Trevor Huddleston van die Engelse Kerk het in die vyftigerjare Britse koerantredakteurs en joernaliste na die land laat kom om ‘n internasionale lasterveldtog teen die Afrikaner van stapel te stuur.

Vandag speel die negentiende eeu, wat Jan Smuts ons “eeu van onreg” genoem het, hom weereens in ons land af, met taalverdrukking, verkragtings en grusame moorde op burgerlikes. So pas is twee jong mans wat van opstand teen die ANC-bewind verdink word, in polisieselle verkrag, tesame met tienduisende Afrikanervroue wat sedert 1994 deur swartes verkrag is.

Afrikaners het oor die afgelope twee eeue ‘n groter bydrae tot die Britse Ryk en tot die oorheersing van Engels in dié land gelewer as die Engelse self. Dit is ons wat vir swartes in Engels skool hou of aan die universiteite doseer. Dit is ons wat die belastings betaal waarmee ons eie taal uitgeroei word en waarmee ons uiteindelike uitwissing, kultureel maar ook fisiek, voltrek word.

Die taalstryd sal veel harder gevoer moet word. Ons moet eenvoudig weier om hoegenaamd met hierdie Engelse owerheid in sy taal te kommunikeer, indien ons hoegenaamd nog met hom wil kommunikeer. Die heel beste sou wees dat ons onmiddellik ophou om aan hom belasting te betaal en dat ons aan elke Engelse kolonialis in hierdie land moet sê: “Finansier jou eie empaaier!” Laat die Engelse vir die magdom Engelse skole en universiteite in dié land betaal. Laat Engelsman en Engelse vrou aan hul swart surrogate in hul taal doseer of hul administrasie bedryf.

In Vlaandere, Québec en elders het ‘n taalstryd tot politieke opstand en die aandrang op selfbeskikking en ‘n eie grondgebied gelei. Vir die Afrikaner is daar geen ander uitweg meer nie.

Ons finansier ons eie ondergang. Ons kinders word, hetsy vermoor, hetsy verengels met ons eie belastings of verbruikersbesteding.

Laat die groot maatskappye wat nie meer blanke Afrikaners in diens neem nie en slegs aan swartes in Engels adverteer sonder ons klandisie klaarkom, net soos wat die Engelse staat sonder ons belastings behoort klaar te kom.

Die Afrikaner het nog nooit ordentlik in opstand teen Engelse verdrukking gekom nie. Selfs tydens die Tweede Vryheidsoorlog het De la Rey en ander met handskoene aan geveg teen Brittanje wat besig was om ons vroue en kinders erger as diere uit te moor.

Die tyd het gekom dat ons ‘n oog met ‘n oog en ‘n tand mat ‘n tand moet vergeld.

In die sogenaamde apartheidtyd het ons ons vyande net met liefde en eerbied behandel, vir hulle skole en nogmaals Engelse universiteite gebou of aan hulle die taalregte toegeken wat hulle ons al eeue lank ontsê.

Wat genoeg is, is genoeg! Van nou af aan sal ons die stryd vir Afrikaans – om van Afrikaneroorlewing nie te praat nie – kaalvuis moet aanpak.

Daardie draadsitter-Afrikaners wat hulself verbeel dat hulle in hierdie nuwe volksmoordtyd tegelyk met die owerheid kan saamwerk en hul mede-Afrikaners heuning om die mond kan smeer, sal ook moet besef dat die keuse onverbiddellik geraak het. Dis nou ‘n geval van: óf jy is vír ons, óf jy is teen ons. Met soveel onreg, geweld en verdrukking wat om ons woed, is daar geen middeweg meer nie.

ремонт паркетаАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.