Die span van Red Bull Racing het die afgelope naweek voort gestorm ná nog ’n oorwinning op die F1-kalender. Ná vry oefening Saterdag het die twee Red Bulls van Sebastian Vettel en Mark Webber vir die soveelste keer in die 1st en 2 de plek weggespring.
Lewis Hamilton in sy Mclaren het reg agter Webber in die 2de plek gejaag toe een van sy bande gebars het en hom in die relings in geskiet het. Dit was twee rondtes voor die einde en skielik het Webber die vryheid van die baan gehad om die Spaanse F1-wedren te wen. Hamilton het met die ongeluk afgeskuif na die 7de plek op die bestuurderspunteleer. Sou hy 2de geëindig het, was die punteverskil tussen hom en die voorloper op die leer, Jenson Button, net 3 punte.
Ferrari se Fernando Alonso het 2de geëindig en die ander Red Bull met Vetel agter die stuur het kreupel-kreupel met enjinmoeilikheid 3de onder die geruite vlag deur gejaag. Die heer Schumacher het met sy nuwe motor die eerste keer dié seisoen onder die eerste vyf geëindig met ’n 4de plek. Button was 5de en Massa in die ander Ferrari 6de.
Die 2010 Spaanse Grand Prix sal as een van die verveligste wedrenne van die jaar onthou word. Daar het regtig niks opwindends gebeur nie en die twee Red Bulls raak so dominerend soos wat Ferrari so ‘n paar seisoene gelede was. Die kroon van die hele seisoen wag volgende week in Monaco op die 16de Mei. Kom ons hoop die kort straatwedren bied soos elke tweede jaar meer opwinding en miskien kan Ferrari Mclaren in die komende wedrenk op die vervaardigerspunteleer verbysteek.
Die volledige bestuurderspunteleer lyk soos volg:
Posisie |
Bestuurder |
Herkoms |
Span |
Punte |
1 |
Jenson Button |
Groot Britanje |
McLaren |
70 |
2 |
Fernando Alonso |
Spanje |
Ferrari |
67 |
3 |
Sebastian Vettel |
Duitsland |
Red Bull |
60 |
4 |
Mark Webber |
Australia |
Red Bull |
53 |
5 |
Nico Rosberg |
Duitsland |
Mercedes GP |
50 |
6 |
Lewis Hamilton |
Groot Britanje |
McLaren |
49 |
7 |
Felipe Massa |
Brazilië |
Ferrari |
49 |
8 |
Robert Kubica |
Poland |
Renault |
44 |
9 |
Michael Schumacher |
Duitsland |
Mercedes GP |
22 |
10 |
Adrian Sutil |
Duitsland |
Force India |
16 |
11 |
Vitantonio Liuzzi |
Italië |
Force India |
8 |
12 |
Rubens Barrichello |
Brazilë |
Williams |
7 |
13 |
Vitaly Petrov |
Rusland |
Renault |
6 |
14 |
Jaime Alguersuari |
Spanje |
Toro Rosso |
3 |
15 |
Nico Hulkenberg |
Duitsland |
Williams |
1 |
Die spanne se punteleer lyk soos volg:
Posisie |
Span |
Punte |
1 |
McLaren |
119 |
2 |
Ferrari |
116 |
3 |
Red Bull |
113 |
4 |
Mercedes GP |
72 |
5 |
Renault |
50 |
6 |
Force India |
24 |
7 |
Williams |
8 |
8 |
Toro Rosso |
3 |