Goëlery met vigsstatistiek

Deel op
Amptelike vigsstatistieke het waarde maar moet met ‘n vergrootglas bekyk word. Een waarde is dat dit help om perspektief te kry. Haal ook bietjie die emosies uit die kwessie. Maar natuurlik is statistiek nie die werklikheid nie, net ‘n syfer-voorstelling daarvan.

As voorbeeld word die middeljaar- (2009-) gegewens van die SA Statistiekdiens ontleed.

Tabel 1: Geboortes en sterftes vir die periode 2001-2009.

 

Geboortes

Sterftes

Vigssterftes

% Vigssterftes

2001

1 138 600

523 900

202 200

38.6

2002

1 132 500

562 400

236 900

42.1

2003

1 120 400

596 600

267 700

44.9

2004

1 109 200

626 200

293 900

46.9

2005

1 096 600

634 100

298 600

47.1

2006

1 083 900

628 600

289 800

46.1

2007

1 064 900

621 600

279 600

45.0

2008

1 049 300

602 800

257 500

42.7

2009

1 044 900

613 900

263 900

43.0

 

Hierdie tabel maak nie voorsiening vir die ondertelling van sterftes nie. Volgens die statistiekdiens self, is die ondertelling waarskynlik ‘n faktor van 0.33. Ondertelling is beslis hoër as 0.33 en wel om verskeie redes waarop daar nie nou ingegaan word nie. Vir vergelykende doeleindes word die faktor van 0.5 geneem. Beskou die faktor van 0.5 as die waarskynlikste en die faktor van 0.33 as die mees optimistiese skatting.

Tabel 2: Beswaarde sterfgevalle.

 

Sterftes

(onbeswaard)

Faktor

0.33

Faktor

0.5

2001

523 900

696 787

785 850

2002

562 400

747 992

843 600

2003

596 600

793 478

894 900

2004

626 200

814 060

939 300

2005

634 100

843 353

951 150

2006

628 600

836 038

942 900

2007

621 600

826 728

932 400

2008

602 800

801 724

904 200

2009

613 900

816 487

920 850

 

As die voorgaande tabelle soos volg uitgesit word, kan die geboortes met die sterftes vergelyk word.

Tabel 3: Vergelyking tussen geboortes en aangemelde sterfgevalle en geprojekteerde sterfgevalle.

 

Geboortes

Sterftes

(onbeswaard)

Faktor

0.33

Faktor

0.5

2001

1 138 600

523 900

696 787

785 850

2002

1 132 500

562 400

747 992

843 600

2003

1 120 400

596 600

793 478

894 900

2004

1 109 200

626 200

814 060

939 300

2005

1 096 600

634 100

843 353

951 150

2006

1 083 900

628 600

836 038

942 900

2007

1 064 900

621 600

826 728

932 400

2008

1 049 300

602 800

801 724

904 200

2009

1 044 900

613 900

816 487

920 850

 

Kan die geldigheid van die laaste twee kolomme van die tabel getoets word om die mees waarskynlike toestand te bepaal?

Die antwoord lê opgesluit in die navorsing oor die tydperk vanaf opdoening van infeksie tot afsterwe.  Die Departement van Gesondheid meen dat die mediaantydperk 10,5 jaar is. Daar is egter Amerikaanse en Britse navorsing wat die totale, nie mediaantydperk, op 8.5 jaar vir 98% van geinfekteerdes stel. As die algemene gesondheidstoestand van veral die agtergeblewe gemeenskappe in ag geneem word, kan dit geredelik aanvaar word dat die tydperk inderdaad 8.5 jaar is. Vir doeleindes van die tabel hieronder word die totale tydperk egter as 10 jaar geneem met die  veronderstelling dat geen sterftes binne die eerste 2 jaar na infektering voorkom nie. Verder met die veronderstelling dat die res (8 jaar) gelyklynig is. Vir doeleindes van ontleding is dit baie konserwatief aangesien meeste sterftes waarskynlik binne 8 jaar voorkom, veral in die geval van vrouens. Die impak van anti-retrovirale middels is ook nie in berekening gebring nie. Daar is wynig betroubare inligting daaromtrent. As die maatstaf toegepas word toon die laaste kolom die verwagte sterftes wat aan vigs plus ander oorsake gewyt kan word.

Tabel 4: Geprojekteerde sterfgevalle met verskillende scenarios.

 

Sterftes

 

Faktor

0.33

Faktor

0.5

Vigs +

Verwagte Sterftes

2001

523 900

696 787

785 850

4 190 000

 

2002

562 400

747 992

843 600

4 350 000

 

2003

596 600

793 478

894 900

4 490 000

890 150

2004

626 200

814 060

939 300

4 610 000

976 050

2005

634 100

843 353

951 150

4 720 000

896 750

2006

628 600

836 038

942 900

4 830 000

915 050

2007

621 600

826 728

932 400

4 940 000

932 000

2008

602 800

801 724

904 200

5 060 000

949 050

2009

613 900

816 487

920 850

5 210 000

967 500

(As u wil weet hoe die verwagte sterftes bereken is, kan u my kontak.)

As die verwagte sterftes met die twee ondertellingskolomme vergelyk word sal u merk dat die ondertelling van 50% die mees waarskynlike is. Merk ook op hoe die verwagte syfers in die laaste kolom vanaf 2008 vinniger styg as die faktor van 0.5. Dit dui die versnelde impak van vigs aan, met ander woorde, vanaf 2008 begin die sterftekurwe vinniger  toeneem, natuurlik as dit volgehou word. Dit is wel moontlik in die lig van tabel 1.

Die Verdediginsdepartement het in ‘n jaarverslag die volgende aangedui:

Tabel 5: Verdedigingsdepartement 2005 – 2006.

 

2005

2006

Verandering 

Gesonde personeel

16460

11618

–29%

Vigslyers

5445

10711

+196.7%

Verhouding

0.75:0.25

0.52:0.48

 

 

Dus, in 2005 was daar drie gesonde soldate vir elke vigs-geïnfekteerde soldaat. In 2006 was die vergelyking bykans gelyk, 52 gesonde soldate vir elke 48 siek soldate.

Behalwe vir die statistiek rondom soldate is dit algemeen bekend dat onderwysers ook ‘n uitermate hoë voorkoms van vigs het. Veertig persent (40%) onderwysers sterf voor die ouderdom van 38 jaar.

Dat daar baie selektief met SA Statistiek se data omgegaan moet word is seker. Wat egter vasstaan is dat die Suid-Afrikaanse bevolkingsafname met ‘n stadig lekkende motorband vergelyk kan word. Dit val nie op nie want dit gebeur stadig.

 

детские сайтыФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.