‘Blanke bomplanters gevang’

Deel op

Terwyl daar reeds weke lank voorspel word dat die ANC-regering op die vooraand van die sokkerwêreldbeker tot ‘n magsvertoon sal oorgaan, het die minister van polisie Nathi Mthethwa vandag aangekondig dat “blanke suprematiste… bomme in swart woonbuurtes wou stel”, maar dat diegene gefnuik is. PRAAG het reeds op 7 April  2010 ‘n wenk ontvang dat sulke optrede deur die polisie teen Afrikaners beplan word om die indruk te skep dat die ANC in aanloop tot die sokker “in beheer” verkeer.

Volgens Mthethwa het “die polisie in ‘n aantal gebiede klopjagte uitgevoer en is wapen- en ammnusie-opslagplekke tesame met ander toerusting gevind”. DIe klopjagte is glo verlede maand uitgevoer.

“In Pretoria is daar byvoorbeeld mense in hegtenis geneem wat beplan het om hul plofstof in swart lokasies te gaan uittoets,” het Mthethwa gesê.

Mthethwa wou geen verdere besonderhede verstrek oor hoeveel mense gearresteer is of wat hul beplande teikens sou wees nie, maar het wel gesê dat “sommiges ondersteuners van ‘n volkstaat slegs vir blankes is”.

In 2002, toe Thabo Mbeki nog president was, het die Boeremag-episode hom afgespeel toe daar 10 ontploffings plaasgevind het, waarvan nege in Soweto. ‘n Swart vrou is dood en twee ander is beseer.

Mthethwa het die versekering gegee dat “ekstremiste” nie ‘n bedreiging vir die staat is nie en dat daar geen ontwrigting van die sokkerwêreldbeker sou plaasvind nie.

“Niemand gaan die wêreldbeker ontwrrig nie… hulle gaan dit nie regkry nie want ons hou die hele land dop.”

обслуживание дизелныхалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.