Rooilig van verraad

ImageDie afgelope week is die ANC en veral Thabo Mbeki, van verraad beskuldig. Die hele MMM-sage (Manto, Madlala en Mbeki) was een te veel vir sommige ander ANC-lede en ou bondgenote. Mbeki is onder andere daarvan beskuldig dat hy alles vernietig het wat Mandela opgebou het en dat “die exilers, met Mbeki vooraan, met hul Leninistiese styl en vervolgingswaan die UDF se stryd om goeie regering, geregtigheid en demokrasie kom vertrap het – bevrydingsleiers word vrot demokrasie.”

Dit het mens weer daaraan herinner dat daar altyd verraaiers sal wees waar daar mag ter sprake is, maar om ‘n ware verraaier te wees, is dit ‘n vereiste dat hy naby aan jou moet wees, iemand in jou binnekring van beweging, ‘n vertroueling in die situasie; dus iemand wat oor soveel kennis beskik dat hy suksesvolle verraad kán pleeg. Die bekende vyand kan mens nie in daardie sin verraai nie omdat hy reeds teenoor en nie by jou staan nie en jy sy vyandskap te wagte is. Juis daarom is verraad een van die mees fatale aksies om ‘n bondgenootskap vir ewig te vernietig en kan daar nooit weer vertroue en samewerking tussen die verraaier en sy slagoffer wees nie, hoogstens ‘n kruitvat van vyandskap wat tot groot ontploffings kan lei met die regte lont.

Daar was reeds talle bekende gevalle van verraad dwarsdeur die wêreldgeskiedenis, en ook lank daarna is menige gesagsfiguur deur suksesvolle verraad uit die pad gevee. Een daarvan was Adolf Hitler. Min mense is bewus van die volgehoue pogings van verraad wat deur sy omgekoopte weermagoffisiere gepleeg is en uiteindelik gelei het tot die laaste aanval op Hitler op 20 Julie 1944.

Op 13 Maart 1943, het dr Fabian von Schlabrendorff en Henning van Tresckow, saamgewerk om ‘n bom te versteek in ‘n pakkie waarin brandewynbottels was wat Tresckow na ‘ ‘n vriend’ van hom by Hitler se hoofkantoor probeer stuur het op ‘n vlug waarop Hitler was. Die bom het egter nie afgegaan nie. ‘n Week later het ‘n jong offisier, kolonel von Gersdorff, hom vir ‘n selfmoordmisie in Berlyn bereid gestel waar Hitler die opening van ‘n oorloguitstalling sou waarneem. Von Gersdorff sou tydbomme in sy jas se groot sakke dra, maar omdat Hitler nie meer die verrigtinge kon open nie, het ook hierdie plan deur die mat geval.

Nog ‘n jong offisier van Rastenburg het aangebied om ‘n pistool tot by Hitler in te smokkel en hom so te dood, maar as gevolg van sy rang was hy nie naby genoeg aan Hitler toegelaat nie. In November 1943 wou ook Axel von dem Bussche ‘n selfmoordmissie onderneem om die bomme in sy jassakke tot by Hitler te dra tydens ‘n demonstrasie van die “nuwe weermagjas” wat Hitler kon besigtig, maar die demonstrasie is uitgestel. Vir die volgende datum van die demonstrasie het Heinrich von Kleist sy dienste aangebied, maar weer is die demonstrasie uitgestel.

Op 20 Julie 1944 het die verraaiers die laaste geleentheid gekry toe ‘n bom in ‘n aktetas deur Clause Schenk von Strauffenberg by Hitler se voete tydens ‘n konferensie in Rastenburg, neergesit is. Strauffenberg se poging is egter in die wiele gery toe ‘n ander offisier per ongeluk oor die tas gestruikel het en dit ‘n hele entjie van Hitler gaan neersit het. Daar is vier mense gedood maar Hitler het slegs ‘n paar skrape opgedoen.

Adolf Hitler het geweet dat solank as sy vyande, wat reeds in 1933 oorlog teen Duitsland verklaar het, die Westerse verenigde leierskap beheer, daar geen hoop op ‘n vredesooreenkoms was nie. Hy het ook geweet dat Rooseveldt en Churchill ooreengekom het om met niks minder tevrede te wees as die algehele ondergang van sy mag in Duitsland nie. Dit tesame met al die verraad, het gelei tot die feit dat die eens magtige Duitse leier vernietig is.

Om die onomkeerbaarheid van samewerking tussen voormalige bondgenote ná verraad te besef, kan ons maar net in die volgende maande die ANC en hulle alliansies dophou. Waar die Verenigde Demokratiese Front (VDF) (‘United Democratic Front – UDF’), op 20 Augustus 2003 sy 20e verjaardag gevier het, was dit duidelik dat hulle verhouding met die huidige ANC-regering toe reeds op onvaste voet verkeer.

Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het met groot vertoon dit duidelik gemaak dat die VDF wel ‘n front vir die ANC en sy meelopers was, maar ook ‘n front vir honderde ander alliansies. Sy klem het gelê op die SAKP se slagspreuk : “Socialism is the Future, Build it Now!”, en op die feit dat die VDF wel geïnspireerd was deur die liberale beweging van die ANC, maar dat die VDF eintlik die groot inspireerder vir die ANC was.

As die amptelike mondstuk van die VDF, Isizwe, onlangs sê: “It is true that the fullest consolidation of people’s power is still in the future. It is true that control over central state power is the key to many things… Nevertheless, the building of people’s power is something that is already beginning to happen in the course of our struggle. It is not for us to sit back and merely dream of the day that the people shall govern. It is our task to realise that goal now”, behoort die ANC daardie bloedrooi lig teen samewerking raak te sien!

En as die VDF in September 2007 die ANC van verraad beskuldig, gaan daardie stopplek nie meer ver wees nie. Daarby moet ons ook weet dat dit nie in die swart kulture lê om dit oordeelkundig te doen soos veronderstel by ‘n vierrigtingstop nie, maar dat dit ‘n kruising van groot botsings en slagting sal wees waar die blankes as die groot “onderdrukker”, reeds in die middel van daardie kruising staan. Is die blanke se betrokkenheid daarin enigsins vermybaar?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.