Is die ‘Wolf! Wolf!’-sms’e beplan?

Deel op
Daar is net ietsie wat my so ‘n bietjie pla oor die sms van laas naweek waarin swartes opgesweep word om witmense te vermoor. Ek dink almal was verontrus daaroor. Self het ek gewonder hoe die ding sou uitspeel. Kyk, selfs die minister het dan betrokke graak.

Nou is dit ‘n week later. Super 14-rugby ná ‘n week se harde werk om die land se ekonomie darem soort van op koers te hou. Natuurlik het die blankes ook hierdie week deurgeloop onder die, teen hierdie tyd normale, rassistiese aanrandings en moorde wat deur swartes gepleeg word. So miskien het ons al vergeet van hierdie sms wat sommer so as niks afgemaak is.

Tog dwaal daar so ‘n paar vrae in my kop en moontlik ook in ‘n paar ander mense s’n.

Eerstens, wat het die intelligensiediens toe uitgevind? Hoekom is daar so ‘n totale stilte? Het die minister dan nie self opdrag gegee dat die oorsprong van die sms vasgestel moet word nie?

Tweedens, was dit nie ‘n beplande vals alarm nie? Miskien was daar ‘n vooraf boodskap dat hulle eers op die derde of vierde sms moet reageer. Sodoende sus hul die blankes in ‘n ewige slaap in en almal dink dit is maar net nog ‘n vals alarm.

En dan derdens, hoekom is Malema so stil?

дівчачі ігри онлайнtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.