Wat lê na die sokkerwêreldbeker?

Deel op

In die grootste nasiebouprojek op aarde probeer die ANC om die Nuwe Suid-Afrikaanse nasie in ‘n eenheid saam te snoer.  Miljarde rande is reeds gespandeer om die diep klowe tussen Suid-Afrika se volkegemeenskap te oorbrug deur sport as saambindende faktor in te span.

Net soos ekonomiese aktiwiteite, is sport ook ‘n middelpuntsoekende krag, wat burgers na binne saambind.  Daarenteen word kultuur en godsdiens as middelpuntvlieënde (sentrifugale) kragte beskou, wat mense uitmekaar laat neig.

Maar nasiebouprojekte word egter ook deur Westerse lande beskou as pogings om gebreke van mislukkende state te verbloem. Daardeur word ‘n kunsmatige territoriale lojaliteit geskep sodat burgers hul regering se tekortkominge sal vergewe.

Pres. Jacob Zuma beskou die SWB in so ‘n ernstige lig dat niks, maar NIKS toegelaat mag word om die sukses daarvan te verseker nie.  Kontensieuse kwessies word uitgestel tot na die SWB afgeloop het.  Malema het skielik van die televisiesieskerms verdwyn en op uitgebreide oorsese reise gestuur sodat gemoedere kan bedaar endat daar op die SWB gefokus kan word.

Wat gaan dan van daardie kwessies word?

Ons moet onthou dat die derdevlakverkiesings aanstaande jaar gaan plaasvind.  Daarvoor sal kiesersmobilisasie benodig word om te verseker dat die ANC in bewind sal bly tenspyte van swak dienslewering.

Daardie feit sal die enjinkamer vir politieke gebeure na die SWB wees. Sagte kwessies soos anti-Boer sentimente sal voorrang geniet. Ons kan dus vferwag dat die volgende sal gebeur:

  • Pretoria se naam gaan verander word.  Dit sal waarskynlik voor die einde van die jaar ‘n voldonge feit wees.
  • Die skroewe vir die grondhervormingsprogram gaan aangedraai word.
  • Daar gaan opgetree word teen regse organisasies en webwerwe wat kwansuis die nuutgevonde nasionale eenheid bedreig.
  • Malema gaan ná ’n ligte waarskuwing weer losgelaat word op die media om anti-Boer stommiteite te verkondig, sodat hy die swart jeug kan mobiliseer.  Ons moet in gedagte hou dat 70% van die swartmense jonger is as 35 jaar.  Meeste is werkloos, en meeste soek waarskynlik vir ‘n sondebok vir hul swaarkry.  Net soos in Zimbabwe, is die witmense ‘n handige verskoning vir die land se ineenstorting.
  • Aangevuur deur Malema se nuwe kennis van hoe dinge in ander rewolusionêre lande gedoen was, sal die debat oor die nasionalisering van grond en die myne weer in die kollig kom.  Hiermee sal groot verwagtings geskep word om die stemvee agter die ANC te verenig. In tipiese Afrikastyl wys hierdie gebrekkige strategie weereens dat die oorlewing van die regerende party swaarder weeg as die belange van die land as geheel.
  • Honderde duisende werkers wat aan infrastruktuurprojekte voor en vir die SWB gewerk het, sal werkloos wees.  Die insigte om hierdie werkers weer ekonomies in te span ontbreek geheelenal, want beplannimng was nog nooit een van Afrikaregerings se sterkpunte nie.

So, ons moet maar die gordels vasmaak en gereed maak vir die maande wat voorlê.

компрессор продажаАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.