ENB skrik vir Charles Nqakula

Deel op

Image

In die snippermandjie

Eerste Nasionale Bank het sy anti-misdaadveldtog gekanselleer ongeveer 3.30 op Vrydagmiddag ná ’n besoek van ’n regeringsafvaardiging wat Charles Nqakula, die minister van veiligheid en sekuriteit, sou ingesluit het.

Deel op
Die hele veldtog is toe afgelas en 2,8 miljoen posgeldbetaalde briewe wat in Sondagkoerante versprei sou word, moes vernietig word. TV-advertensies wat geskuduleer was, is insgelyks gekanselleer. Die HUB van Eerste Nasionaal, mnr. Paul Harris, wou nie kommentaar lewer oor wie hulle almal kom sien het nie en het dit as ’n “breë groepering van mense met ’n belang by die saak” beskryf.

Image

Paul Harris, HUB van ENB

’n Woordvoerder van die ANC-bewind, Themba Maseko het die veldtog as ’n vorm van “aanhitsing” teen Mbeki beskryf. “Om hulle te posisioneer as ’n opposisieparty is ontoepaslik… Om mense aan te hits om op ’n sekere manier teenoor die staatshoof op te tree, kan nie toegelaat word nie.”

Ander sakeleiers, veral mnr. Michael Spicer, voorsitter van Standardbank, was ook gekant teen die veldtog omdat hulle gevrees het dit sou verhoudinge tussen die regime en die sakegemeenskap beduiwel. Die eiebelang van sakemanne het dus uiteindelik harder gepraat as kommer oor misdaad of die publiek se veiligheid.

Lees ook:

Sakeleiers kan nie politiek bedryf 

Misdaad: ENB plaas druk op Mbeki 

 

зарядное устройство дляЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.