Twee meningspeilings, op Beeld en PRAAG

Deel op

Die belang van internetmeningspeilings by die vorming van die openbare mening word waarskynlik nog nie na waarde geskat nie. Vandag is daar twee meningspeilings, een op Beeld en een op PRAAG waaraan mense behoort deel te neem.

Op Beeld word gevra: “Ag jy jouself in die eerste plek ‘n Suid-Afrikaner, Afrikaner of Afrikaanse?” Tot dusver stem 57% van mense dat hulle “Suid-Afrikaners” is, met 32% wat meen dat hulle “Afrikaners” is.

Die PRAAG-peiling vra die vraag: “Wie is die Afrikaner se grootste vyand?” met twee moontlike antwoorde: “Die ANC en SAKP” of “Afrikanerverraaiers” (onder regs op die hoofblad).

Aan die begin van 2010, op 8 Januarie, het ‘n soortgelyke meningspeiling op Beeld verrassende steun vir die idee van ‘n volkstaat onder Beeld-lesers getoon, met 75% wat voorwaardelik of onvoorwaardelik in ‘n volkstaat sou wou bly.

машинкаДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.