Die skisofreniese bruin steun vir Afrikaans

Deel op

Een van die groot mites wat veral deur Naspers versprei word, is dat blote getalle deurslaggewend sou wees vir die oorlewing van Afrikaans. Dit is dus volgens Naspers se ideologie lewensbelangrik dat bruines en Afrikaners “hande sou vat” (om nou ‘n polities-korrekte Azanië-isme te besig.)

Die probleem is egter dat daar niks noodwendig hieraan is nie. Blote getalle is geen versekering vir ‘n taal se oorlewing nie. Daar is baie meer Xhosas en Zoeloes in Suid-Afrika as wat daar Afrikaners is (digby die 16 miljoen in totaal vir die twee groepe saam), maar dit is ‘n feit dat beide Xhosa en Zoeloe op ‘n afwaartste trajek is, die oorweldigende getalle ten spyt. Bykans alle swart ouers dring aan op skoolonderrig in Engels. Bitter weinige akademiese geskrifte of letterkunde word in hetsy Zoeloe, hetsy Xhosa uitgebring.
Daar is andersyds amper presies soveel sprekers van die Baskiese taal as wat daar Afrikaners is, sowat 2,5 miljoen, maar die Baske se taal en kultuur floreer.

Die verskil tussen Xhosas en die Baskiese taal is natuurlik dat die Baske beide ‘n sterk sin vir nasionalisme het, en hul taal ‘n trotse deel van hul identiteit vorm, teenoor die Xhosas wat hulself byna skaam vir hul eie taal asook kultuur, en nie wil toelaat dat hul kinders in Xhosa opgevoed word nie. Die intelligentsia onder die Xhosas mors geen tyd om spoedig te verengels sodra hulle die geleentheid kry nie. Die Xhosas, wat waarskynlik voorheen die belangrikste deel van die ANC uitgemaak het, het agv Engelse sendingwerk in die Ooskaap ‘n soort Pan-Britse, multi-kulti, rigtinglose en grootliks betekenislose reënboognasie-identiteit begin aankleef.

Juis om hierdie rede is Naspers se nimmereindigende propagandaveldtog en misplaaste blydskap oor die enkele bruines wat hulle op louwarm en skynheilige wyse vir Afrikaans beywer (Lionel Adendorf en Christo van der Rheede, byvoorbeeld), uiters naïef. Dis louwarm want mens kan nie eens sê dat daar juis bruin deelname aan die stryd om Afrikaans is nie. Watter bruin stemme het opgegaan teen die gedwonge verengelsing van Hoërskool Ermelo? Watter bruin akademici se voorkeurtaal is Afrikaans? Jonathan Jansen steek weliswaar sy uiters irriterende preke teenoor Afrikaners af in Afrikaans, maar maak dan aanspraak daarop dat hy Engels as huistaal het. Ditto vir Cheryl de La Rey, die rektor van UP, wat om die dood nie Afrikaans wil praat nie. Dis skynheilig omdat daai einste sogenaamde bruin kampvegters vir die taal, nie skroom om hul eie kinders na Engelse skole te stuur nie. Dis alweer die ou storie: Moenie maak soos ons maak nie, maak soos ons sê.

Die stryd om die oorlewing van Afrikaans gaan oor meer as die blote praat van die taal. Dit gaan ook oor die behoud van ‘n kultuur en ‘n erfenis, waarvan Afrikaans ‘n integrale deel is. Wanneer die ANC dus Pretoria se naam wil verander, is dit ‘n aanslag op beide die taal Afrikaans maar ook op Afrikaners se kulturele erfenis. Ek sien geen bruin leiers opstaan en te velde trek teen die naamverandering van Pretoria nie. Waarop dui dit? ‘n Gebrek aan ‘n gedeelde kulturele erfenis, moontlik? Wat ek van die bruin kultuur sien, wissel van ‘n Arabies-beïnvloede Moslemkultuur tot by ‘n soort Amerikaanse ghetto-kultuur, kompleet met halfmasbroeke en straatrenne. Van ‘n gedeelde kultuur tussen die bruines en Afrikaners sien ek al hoe minder tekens. As iemand wil aanvoer dat ‘n blote gedeelde taal dít is wat mense saamsnoer, waarom beywer die Skotse Nasionale Party hom dan vir Skotse selfbeskikking?

Wanneer daar wel die louwarm bruin steun vir Afrikaans kom, wat Naspers so opgewonde maak, skep sulke steun dikwels groot agterdog by Afrikaners. Terwyl ek nou op die onderwerp is: Afrikaners is blanke Afrikaanssprekendes. Met laasgenoemde kategorisering sou min bruines verskil. Dis ondenkbaar dat Allan Boesak, Robert McBride, Trevor Manuel, Cheryl de la Rey of Jonathan Jansen hulself as Afrikaners aan iemand sou voorstel. Dit is slegs die skisofreniese, linkse blanke Afrikaner, wat een ding sê maar gans en al ‘n ander ding doen (hulle sal nooit in ‘n bruin buurt gaan woon of met ‘n bruin vrou trou nie) wat verward is daaroor.

Om terug te keer na die punt hierbo, wanneer daar wel bruin steun vir Afrikaans is, gaan dit dikwels gepaard met ‘n verskeidenheid eise en gedwonge skuldgevoelens. Afrikaners moet byvoorbeeld eers bieg dat hulle rassiste is (Jonathan Jansen se gunstelingstokperdjie) en hulle moet nimmereindigende verskonings vir slawerny en apartheid aanbied, voordat die bruines hul louwarm steun vir Afrikaans sal bied. Sodoende word daar grootskeepse agterdog gewek dat daar eintlik politieke agendas agter die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans sou wees. Daar is heelwat kodespraak vanuit die sogenaamde bruin kampvegters vir Afrikaans hieroor. Afrikaans moet glo “die baggasie van die verlede agterweë laat” (lees: Afrikaners moet ons plek ken en ons neerbuig voor die nuwe bruin en swart heersers van die land.)

Voorts is die bruin steun vir Afrikaans ook ietwat skisofrenies van aard, omdat die ANC se oorheersende ideologie van rassistiese transformasie tot die bruines se onregverdige voordeel is. Transformasie behels o.a. die etniese reiniging van blankes uit poste . Bykans al die rektore van Afrikaanse universiteite is gevolglik bruin. Is al daardie aanstellings suiwer op meriete, of het die ANC bruines gekoöpteer in sy veldtog van etniese reiniging van blanke mans, met die bruin rektore as gewillige meemakers in hierdie veldtog?

Transformasie behels egter ook, benewens die etniese teikening van blanke mans die moord op Afrikaners se kultuur en taal – die naamverandering van Pretoria en die veldtog teen Hoërskool Ermelo se taalbeleid, byvoorbeeld. Die bruines sit dus met ‘n dilemma. Rassistiese transformasie is tot hul voordeel wanneer dit by hul beroepslewe kom. Hoe kan hulle dan wil deel word van ‘n groter taalkulturele stryd teen transformasie, wanneer Afrikaans ook deel is van dít wat geteiken word, benewens blanke mans?

Laat Naspers dus maar gerus begaan met hul naïewe opgewondenheid oor die sogenaamde bruin steun vir Afrikaans, steun wat al te dikwels met die albatros van verskuilde agendas om sy nek kom, en van Afrikaners verwag om gedweë ons plek as tweedeklasburgers te aanvaar, en nimmereindigende verskonings, ook van Afrikanerskinders wat na 1994 gebore is, vereis. Waarop ek sê: basta! Ek kruip voor niemand nie, veral nie Jonathan Jansen, Allan Boesak of Robert McBride nie. Afrikaans se oorlewing hang van jou en my, die Afrikaners, af. Dit sal in Pretoria se voorstede beklink word, nie op die Kaapse Vlakte nie.

Lees ook die res van Anton Barnard se bydraes op sy woernaal, SAmizdat.

архитектурного освещенияФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.