Cosas teen Afrikaanse skole en vir Malema

Deel op

Die Congress of SA Students (Cosas) het gister gevra dat Afrikaanse skole gesluit word. Die organisasie het ook sy steun aan Julius Malema “in hierdie moeilike tye” toegesê.

“Cosas verwerp enige rasseneigings wat veroorsaak dat onderwysinstellings vir swart studente ontoeganklik is. Swart studente is inheems aan hierdie land en aan die Afrikakontinent en word blootgestel aan die buitelandse, onoorspronklike Afrikaans as medium van onderrig in sekere rassistiese skole, meer spesifiek in die Wesrandgebied wat onder rassistiese Afrikanerbestuur verkeer,” lui ‘n verklaring deur die Gautengse provinsiale sekretaris, Oagile Louw.

“Ons eis daarom… dat hierdie (Afrikaanse) skole onmiddellik gesluit word.”

Volgens Sapa, “herinner hierdie oproep aan die gebeure wat tot die 1976-onluste op 16 Junie toe leerlinge en die polisie in Soweto slaags geraak het. ‘n Skietery op ‘n aantel skoolkinders, asook op daaropvolgende dae, het losgebars ná ‘n protesoptog teen Afrikaans wat as ‘n onderrigmedium by skole gebruik is.”

Cosas het ook gedreig om die “ontwrigtende” SA Demokratiese onderwysersunie (Sadou) se lede van skoolterreine te verdryf aangesien “hulle nie tot die verskaffing van gehalteonderwys verbind is nie”.

Cosas het die Sadou-leierskap gemaan om “op te hou om deel van die meubels in hul spoggerige kantore te wees” en hul lede tot orde te roep.

Cosas spreek sy goeie wense uit teenoor studente wat vir die middeljaareksamens voorberei en meen dat hulle van kitskos moet wegbly om ‘n gesonde verstand te behou, dat hulle studiegroepe moet gebruik en selfs tydens die Wêreldsokkerbeker moet vergaderin die gees van Cosas se slagspreuk: “Each one Teach one”.

Die ANC se jeugleier, Julius Malema, is deur Cosas uitgesonder vir ‘n “ondersteuningsboodskap in dié moeilike en veeleisende tye”.

Malema sal eerskomende Maandag ‘n tugverhoor moet bywoon, asook in die Gelykheidshof moet verskyn weens sy openbare uitsprake rondom die liedjie “Skiet die Afrikaners”.машинка на пультідепутат лобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.