Wie se land is dit?

Deel op
Met die steun van 70 persent van sy burgers, het Arizona se polisie die grense gesluit en onwettige vreemdelinge verwyder, ‘n half miljoen wat tans daar woon.

Arizona het opgetree omdat die Amerikaanse regering sy grondwetlike plig versuim het om die deelstaat te beskerm teen die inval en weier om Amerika se immigrasiewette af te dwing.

“Ons het in Arizona meer as geduldig gewag vir Washington om op te tree,” sê Goewerneur Jan Brouwer. “Maar dekades van gebrek aan optrede en ‘n verkeerde beleid het ‘n onaanvaarbare situasie geskep.”

Ons het ‘n krisis in Arizona, want ons het ‘n mislukte staat in Washington.

Wat is die reaksie van Barack Obama, wat ‘n eed gesweer het om toe te sien dat die federale wette getrou nagevolg word?

Hy staan by die wetsoortreders. Hy kruip by die etniese lobby. Hy betig nie die Mexikaanse regime wat hierdie inval in die land wat hy bestuur, aanhelp en ondersteun nie. In plaas daarvan, val hy die regering van Arizona aan wat probeer om ‘n gapende gat in wetstoepassing gelaat deur sy nalatigheid, te vul.

Hy het Arizona nou aan die kaak gestel as “verkeerd.” Hy het ‘n beroep op die Ministerie van Justitie gedoen om te verseker dat die polisie van Arizona nie iemand se burgerlike regte aantas nie. Maar hy het nie ‘n woord gesê oor die regte van die mense van Arizona nie, wat die inval van honderde duisende wetsoortreders in hul midde moet bestuur met die koste daarvan ingereken.

Hoe is dit vir Andrew Jackson-styl leierskap?

Obama het alles gedoen, behalwe sy plig om die wet af te dwing.

Ongetwyfeld is dit ‘n binne ‘n deelstaat, asook federaal gesproke, ‘n misdaad om onwettig in die VSA te wees, maar vir die polisie om die immigrasiestatus van algar na te gaan, is nie maklik nie. Maar watter keuse het Arizona?

Die staat gaan gebuk onder ‘n fiskale krisis wat gedeeltelik deur die las van onderwys en maatskaplike welsyn vir onwettige immigrante en hul gesinne veroorsaak word, wat veel meer dienste gebruik as wat hulle betaal aan belasting. En wat nog steeds instroom. Selfs John McCain vra nou dat 3 000 troepe op die grens diens doen.

Polisiebeamptes en ‘n prominente boer is vermoor. Daar is ontvoerings wat verbind word aan die Mexikaanse dwelmkartels. Daar is elke aand hoëspoedjaagtogte waar onskuldige mense voortdurend in gevaar gestel word.

As Arizona geen beheer oor die grens uitoefen om die inval te keer nie, sal burgers van die VSA ophou kom na Arizona en inwoners begin uittrek, soos hulle reeds op die vlug geslaan het in Kalifornië.

Want ons hier praat oor die Balkanisering en ontbinding van ‘n nasie in etniese enklaves. ‘n Land wat sy grense nie kan beheer nie is nie regtig ‘n land nie, soos Ronald Reagan destyds gesê het.

Waarom is Obama verlam? Waarom wil hy nie die wet afdwing, selfs al hou hy nie daarvan nie, deur die sakemanne wat onwettiges huur te straf en die 12 000 000 to 20 000 000 immigrante wat nie in Amerika hoort nie, terug te stuur huistoe? President Eisenhower het dit gedoen. Hoekom kan hy nie?

Omdat hy polities korrek is. Omdat hy groot skuld gemaak het by die Spaanssprekende-lobby wat gehelp het om twee-derdes van die stemme in 2008 in te bring. Alhoewel die meeste burgers van die Spaanse afkoms in Arizona die grens wil beskerm en die wette afgedwing wil sien, eis die Spaanse lobby dat die wet verander word.

Dis seker hulle reg. Maar die nasie het opgestaan soos een man om die “pad-na-burgerskap” – dit wil sê, amnestie – die 2007-plan wat George W. Bush, McCain, Hillary Clinton en Barack Obama beoog het – te verwerp.

Al Sharpton dreig om na Phoenix te gaan en ‘n optog te hou in die strate teen die nuwe Arizona-wet. Laat hom gaan.

Kom ons kyk hoe baie Afro-Amerikaners, wat vandag uit die 8 miljoen werksgeleenthede gehou word deur onwettige vreemdelinge, sal by ‘n optog inval om dit waarvoor hulle self die swaarste prys betaal, te verdedig .

Verlede jaar, terwyl die Amerikaners ‘n netto verlies van 5 miljoen werkgeleenthede gely het, het die Amerikaanse regering – Bush en Obama beide – 1 131 000 groen kaarte, dws verblyfpermitte, uitgereik om immigrante te wettig. ‘n Stortvloed van immigrante, geëwenaar deur slegs vier ander jare in die Amerikaanse geskiedenis, het al die beskikbare werk opgeraap.

Wat doen ons aan ons eie mense?

Wie se land is dit, in elk geval?

Amerika van vandag het ‘n leierskorps wat, omdat hulle nie van die immigrasiewette hou nie, hierdie wette totaal ignoreer en die oortreding daarvan op ‘n groot skaal aanmoedig en goedkeur.

Tog, onder daardie wette, is die Amerikaanse regering verplig om onwettige vreemdelinge te deporteer en sakeondernemings wat hulle willens en wetens huur, te straf.

Dit is nie ‘n opsie nie. Hulle word daartoe verplig.

Kan iemand sê Barack Obama kom daardie verpligting na?

дівчачі ігри онлайнФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.