Moenie familie by taaldebat betrek

Lionel Adendorf
Deel op

Lionel AdendorfIn repliek op Dan Roodt se opmerkings in Naspers, ons IG Farben?, dit is inderdaad so dat ek Afrikaans grootgeword het, na ‘n oorspronklike Afrikaanse universiteit toe gegaan het en in Engels klas gekry het en verlief geraak het op iemand wat nie bruin of wit was nie en nie Afrikaans of Engels in hul huis praat nie. Hiervoor sal ek nooit ooit om verskoning vra nie!

Dit is ook so dat ek die trotse pa van ‘n drie-jarige is en dat ons huistaal vir praktiese redes Engels is. Bogenoemde maak my nie minder Afrikaans nie en beteken geensins dat ek nie by die debat vir of oor Afrikaans kan betrokke wees nie. Ek sal my nie laat voorskryf deur enigeen wat die vereistes vir my deelname moet wees nie. Ek gaan vir geeneen toestemming vra om my moedertaal te bevorder nie. My Afrikaansheid word nie bepaal deur my seun of my vrou nie, dit word bepaal deur my kultuur en identiteit en hoe ek grootgemaak is.

Dit is so dat my seun Engels en Xhosa kan praat en dat ons hom tans Afrikaans leer en meer en meer aan Afrikaans blootstel sodat hy ook Afrikaans onder die knie kan kry en ek is seker dat wanneer hy ses jaar oud word, hy genoeg Afrikaans sal praat om in te pas by enige Afrikaanse skool.

Indien julle fout vind met wat ek doen, laat dit daaroor gaan. Moenie my familie hierby betrek. As julle geen fout vind met my “credentials”, moenie my kind as diskwalifikasie ophaal nie.

Dit is steeds so dat ons almal nodig het om Afrikaans se aansien te verbeter en seker te maak dat die taal weer in ere herstel word. Dit is my plig as Afrikaanse, maar ook dié van almal wat die taal praat. My betrokkenheid hierby is nie om vyande te maak vir die taal of namens die taal nie. Ons het vriende nodig. Ons het ook nie konflik of baklei nodig nie, ons het vrede nodig vir die taal se ontwil en ek is seker dat daar buite mense is wat net soos ek voel en graag sal wil sien dat hulle kinders en kleinkinders eendag Afrikaanse keuses sal hê.
Ek is nie hier om die taal te red nie. Ek is een van 6 miljoen wat die taal praat en ‘n verantwoordelikheid het om toe te sien dat die taal voortleef en lewend gehou word. Ek wil daarom met andere saamwerk om dit moontlik te maak. Ja, ek en my drie jaar oue seun wat Engels en Xhosa praat!

купить насос для поливатопкарго отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.