Regering stook rassehaat

Deel op
Voor my lê foto’s met besonderhede van slagoffers van plaasmoorde. Dit is deur ʼn polisieman verskaf wat daarby betrokke is.

Hierdie aaklige besonderhede en afgryslike foto’s verskyn nooit in  koerante nie. ANC-ministers en LP’s en sê die onbeskryflike wreedhede is die boere se skuld.  En hul jeugleier moedig sy mense aan om te moor!

As daar  boere is wat hul werkers sleg behandel, hoekom word hulle nie vervolg nie?  Hulle is natuurlik ʼn onbenullige minderheid. Die meeste boere sorg vir hul werkers met deernis. Hieroor swyg die ANC.

Weet die ANC van die babas wat met kookwater vermoor word? Van ʼn skoolseuntjie wat in sy skoolklere opgehang is?  Van kindertjies wat op die wreedste wyse gemartel en vermoor word?  Van mans wat met pangas opgekap word?

Maar die aakligste aanslae is teen vroue.  Voor my lê die foto van ʼn naakte, tagtigjarige vrou. Sy is vermoor deur stukkende bottels in haar liggaamsopeninge op te steek. Haar inwendige organe lê op die vloer uitgestort.

Daar is die foto van die naakte vrou wat onderstebo aan haar voete opgehang is, haar maag oopgesny en haar ingewande wat uithang. Die ergste: die foto van ʼn naakte vrou met haar bene oopgesper.  Sy is verkrag en toe vermoor deur ʼn skerpgemaakte besemstok in haar op te steek tot dit by haar nek uitgekom het.

Die boere se skuld? Die vroue is eers herhaaldelik verkrag en op die wreedste moontlike maniere gemartel. Die bebloede, geskende lyke word nakend agtergelaat.

Volgens dr. Theo de Jager, adjunk-president van Agri SA, is sedert 1994 tot 6 April 2010 reeds 3 368 plaasmoorde gepleeg (Die Burger, 6 April 2010).

Uit elke 1 000 misdade in Suid-Afrika word net 430 mense aangekeer, waarvan 77 veroordeel word en 8 tronkstraf van twee of meer jare opgelê word. Sedert 2006 het plaasmoorde met 25 persent toegeneem.

In ʼn verlaring sê die Menseregtekommissie die gebrek aan veroordelings beteken dat die misdaad-regstelsel ondoeltreffend is om slagoffers van boeregemeenskappe te beskerm. Luidens ʼn verklaring deur die SA Instituut van Rasseaangeleenthede kan die regering nie reg en orde herstel nie en kan hy nie sy burgers beskerm nie. “Die regering het ʼn vyandige agenda teen minderheidsgroepe.”

ʼn Polisieman wat van die moorde moes ondersoek, sê meer as tagtig persent van die moorde het ʼn anti-wit, rassistiese element. ʼn Gerespekteerde advokaat glo die persentasie is  hoër.

Mnr. Charles Ngacula, minster van Veiligheid en Sekuriteit onder Thabo Mbeki, het indertyd gesê: “Hulle kan aanhou “whinge” tot hulle blou in die gesig is, en so negatief wees soos hulle wil, of hulle kan sommer die land verlaat.”

Hierdie regering laat sy burgers skandelik in die steek en stook rassehaat. Ons land is op die rand van ʼn afgrond. Wat kan ons doen?

Gideon Joubert is die skrywer van die bekroonde Afrikaanse blitsverkoper, Die groot gedagte, wat geloof en die astro-wetenskap met mekaar versoen.

free slots no deposit ukАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.