Slim het toe sy baas gevang

Deel op

Die akroniem HPA staan vir Hitachi Power Africa.  Teen hierdie tyd weet ons almal dat HPA sy SB-status (Swart Bemagting) verwerf het deur ‘n 25% belang in die kontrak vir oprigting van die Medupi-kragsentrale aan Chancellor House (CH) verkoop het vir R1 miljoen.

Volgens die Engineering News het mnr Johannes Musel, HPA se hoof uitvoerende beampte, gister verklaar dat sy maatskappy in hul skik sou wees om daardie belang te likwideer, maar nogtans sy SB-status sou wou behou deur dit aan ‘n ander swartbemagtingsinstansie te verkoop.

Hy beweer dat destyds, toe die ooreenkoms tussen HPA en CH gesluit was, hulle onbewus daarvan was dat CH ‘n ANC frontmaatskappy was.  Dit was aan hulle verduidelik dat CH se deel van die winste aan agtergeblewe en behoeftige swart gemeenskappe sou gaan.  Daarmee het hulle heelhartig saamgestem.

Toe dit egter rugbaar word dat die ANC agter CH sit, het hulle stappe geneem dat enige diwidende wat CH uit die kontrak sou verkry, het hulle toegesien dat geen deel dfaarvan aan die ANC sal gaan nie.

Volgens Musel sal HPA ‘n winsmarge van 3% op hul deel van die kontrak maak, sodat CH se aandeel van daardie wins ongeveer R50 miljoen oor ‘n paar jare sal beloop.

Hitachi is baie gesteld op sy goeie naam en sal onder geen omstandighede toelaat dat enige van hierdie winste direk of indirek na enige politieke party sal vloei nie.

“Al wat ons kan doen is om te verseker dat alle wetlike voorskrifte korrek is in terme van die trustakte se voorskrifte”  Hy het egter ook aangetoon dat daar wel ‘n gaping mag wees tussen wat wettig toelaatbaar is en wat uit ‘n morele standpunt aanvaarbaar is, m.a.w dat moraliteit voorrang bo wetlikheid sal geniet.

Daar is nou ‘n verdeeldheid onder ANC geledere.  Mathews Phosa, die ANC se tesourie-generaal het te kenne gegee dat CH gelikwideer sou word, terwyl Gwede Mantashe, die sekretaris generaal beweer dat die ANC nie aan ‘n onafhanklike instelling kan dikteer nie.  Mathews Phosa is ‘n prokureur sakeman wat nie graag sy tyd mors met omstrede kwessies nie en sy aanbeveling sal waarskynlik deurslaggewend wees.

Musel sê dat hulle tot nou toe geen direkte versoek van CH ontvang het vir die verkoop van CH se belang nie.  Sou daar egter ‘n verkoop van CH se belang wees, sal dit streng volgens die bepalings van die aandeelhouersooreenkoms geskied.  HPA wil nie sy SB-status verloor nie, want hy is kontraktueel verplig teenoor ESKOM.

crystal tiarasлобановский александр биография

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.