Ekonomiese groei deur innovasie

Deel op

Hoe word daardie klein bietjie ekstra, daardie finale hupstoot vir ekonomiese groei gekry?

Deur nog meer uit inovasiekrag te put, aldus Brainport, die tegnologiese sentrum by Eindhoven in Nederland.

Hiervolgens kan tussen 0,5 en 1% groter groei bewerkstellig word deur kennis en kundigheid in ‘n moderne nywerheidsbeleid saam te voeg (cluster).

Die dinkskrum onder die leiding van premier Jan-Peter Balkenende het pas so ‘n plan aan die kabinet voorgelê, en stel ‘n raamwerk voor vir die volgende tien jaar. Dié plan, so hoop Brainport, gaan hoofstuk 1 van die regeerakkoord van die nuwe kabinet vorm. ‘n Nuwe kabinet is onderweg nadat een van die huidige regering se koalisievennote, De Parij van de Arbeid, onttrek het en ‘n vervroegde verkiesing afgedwing het.

Die nuwe regering moet ingevolge dié plan nie soseer fokus op besparings nie, maar vra waar dit geld (deur die innovasie) kan verdien.

Brainport bestaan uit 90 bedrywe en 8 000 navorsers en ingenieurs, maar beveel aan dat nog vyf ander kennissentra aangewys moet word.

Nederland, soos ander Europese lande, staar ‘n stywe uitdaging in die gesig. Die ekonomiese mag verskuif na Asië, en met dreigende trekorte aan fgrondstowwe, kan Nederland nie maar net handjies gevou sit en wag nie.

“Ons moet uitblink in ons prestasies,” aldus Wiebe Draijer. Hy meen Nederland moet konsentreer op sy sterkpunte in ‘n beperkte aantal sleutelgebiede. Deur skerp keuses vir ‘n aantal sterk ekonomiese sektore te maak, staan Nederland ‘n goeie kans om homself internasionaal te handhaaf, en van mededingers te onderskei.

Die dinkskrum kon egter nie ‘n seepgladde model op die tafel plaas nie. Dit gaan elke jaar meer Euro’s sluk, en tot 6 miljard in 2020 oploop. Boonop was Nederlanders in die verlede traag om keuses ten gunste van sekere bedrywe te maak. En ten laaste is die uitdaging dat nie net top-opgeleides betrek kan word nie, maar ook top-talent. En dit gaan innovering uit die boonste gestoeltes vereis.

Hoofbron: Trouw

лосины девочки описаниемлобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.