Blanke boere in Zimbabwe gearresteer?

Deel op

Image

Goeie vriende, goeie bure…

Zimbabwe se oorblywende 400 blanke boere mag vandag en môre gearresteer word as hulle nie dadelik hul plase verlaat nie. Die vereniging Geregtigheid vir Landbou het sy lede gevra om nie hul eiendom vrywillig te verlaat nie, maar eerder die risiko te loop dat hulle in hegtenis geneem word.

Deel op

Die Mugabe-bewind het sy blanke boere tot vandag gegee om hul plase te verlaat of vervolg te word.

Verlede maand het die Zimbabwiese regering boere met oeste op die land uitstel gegee om eers te oes, maar volgens die GL en die Kommersiële Boere-unie word uitsettingsbevele steeds op boere bestel in weerwil van die uitstel.

Blanke boere wat dié naweek steeds op hul grond verkeer, mag in hegtenis geneem word as onwettige grondbesetters en mag vervolg word, het GL gesê. Tot dusver is ongeveer 150 sulke uitsettingsbevele landwyd teen blanke boere uitgereik.

“Ons beveel sterk aan dat boere op hul plase aanbly en eerder arres en moontlike vervolging trotseer,” het GL verklaar. “Dit is die enigste maneir waarop die boere uiteindelik ‘n hofgeding aanhangig mag maak en daarmee die moontlikheid van ‘n regverdige verhoor.”

Vier-en-twintig van die jonste uitsettingsbevele is op suikerrietboere in die suidelike Chiredzi-distrik bestel.

Sewe jaar gelede het die Mugabe-bewind ‘n omstrede program van blanke grondonteienings van stapel gestuur wat die meerderheid van die 4500 blanke boere van hul grond verdryf het om plek te maak vir swart boere.

Slegs 30 blanke boere uit ‘n totaal van 700 wat aansoek gedoen het, het amptelike toestemming ontvang om op die grond aan te bly.

Volgens die grond- en veiligheidsminister Didymus Mutasa sal net dié blanke boere wat welwillendheid teenoor die Mugabe-bewind getoon het, verder kan boer.

насос для грязнойлобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.