Moordenaars se semen op ET se lyk gevind

Deel op

Enkele dae gelede het PRAAG inligting vanaf die polisie ontvang dat daar semen op Eugene Terre’Blanche se lyk gevind is. Volgens een van die staat se forensiese patoloë was dit egter in so ‘n posisie dat dit nie van Terre’Blanche afkomstig kon wees nie, maar van sy moordenaars.

Praag het nie onmiddellik die inligting gepubliseer nie, in afwagting op wat die volgende rondte in die propagandaoorlog rondom Terre’Blanche se moord sou oplewer. Die Nasionale Inligtingsagentskap (NIA) is ten nouste betrokke by die manipulering van die media rondom die moord. In die Saturday Star, ‘n koerant wat deur die Ierse Independent-groep van mnr. Tony O’Reilly beheer word, word steeds ‘n veldtog teen Terre’Blanche as “regse ikoon” gevoer en het Janet Smith Saterdag ‘n lang artikel oor Terre’Blanche se drankgewoontes en finansiële probleme gepubliseer. Janet Smith is bekend vir haar propagandistiese skrywes wat teen die Afrikaner gemik is, ‘n soort joernalistieke weergawe van Julius Malema se “Skiet die Boere”-liedjies.

So pas het de Suid-Afrikaanse Pers-assosiasie (Sapa) berig dat ‘”n woordvoerder van die nasionale polisiekommissaris generaal Bheki Cele gesê het dat semen op die liggaam van die AWB-leier Eugene Terre’Blanche gevind is”. Die indruk word gewek dat dit Terre’Blanche se semen kan wees, wat die vorige sodomiebewerings deur die gedrukte media sou kon staaf. Let daarop dat die polisiekommissaris se woordvoerder nêrens beweer aan wie die semen behoort nie, maar binne die konteks is ons veronderstel om af te lei dat dit Terre’Blanche se semen moet wees.

Hier volg die res van die Sapa-berig wat so pas aan alle nuusmedia in die land en ook internasionaal versprei is:

“Sy liggaam is half nakend gevind met semen op sy skaamdele. Dis nie nuwe inligting nie, dit was nog altyd deel van die getuienis,” het Nonkululeko Mbatha  woordvoerder van kommissaris Cele, gesê.

Mbatha het gesê dit was deel van die getuienis wat ondersoek word en dat daar ander leidrade is wat deur die polisie opgevolg word.

Cele het aan ‘n Sondagkoerant gesê dat die “sekskwessie” nog altyd daar was omdat Terre’Blanche se lyk met sy broek afgetrek gevind is en “nat van semen was”.

Maar, volgens Cele is daar geen kondoom op die toneel gevind nie, anders as wat deur die koerante verlede Saterdag berig is.

Gerugte oor homoseksuele seks in die Terre’Blanche-moordsaak is Woensdag deur die moordenaars se verdediging in die Ventersdorpse Landdroshof laat vaar.

Puna Moroko, wat een van die twee beskuldigdes in die saak, Chris Mahlangu, 28, verteenwoordig, het aan joernaliste buite die hof gesê dat sy kliënt aanvanklik daarvan gepraat het dat hy deur die AWB-leier gesodomiseer is, maar dat verdere ondervraging onthul het dat dit nie die geval was nie.

“Hy (Mahlangu) het die woord “sodomie” gebruik maar die konsultasie was baie kort… Dit het my nie tevrede gestel nie, dit het nie vir my sin gemaak nie, dis waarom ek dit laat vaar het,” het Moroko gesê.

“Ek is nie tevrede dat daar sodomie plaasgevind het nie en my kliënt het my raad aanvaar.”

пескоструйный рукавФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.