Afrikaanse organisasies staan saam oor veiligheid

Deel op

Ná twee vergaderings wat Saterdag gehou is, het alle Afrikaanse organisasies wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is, verenig ten einde ‘n gemeenskaplike strategie te bedink om huidige bedreigings teen die Afrikanervolk van Suid-Afrika te hanteer.

Bedreigings spruit uit die verval van wet en orde in Suid-Afrika, asook die onlangse uitlatings wat deur die ANC-jeugleier, Julius Malema, in Zimbabwe gemaak is. Mnr. Malema het klaarblyklik die hulp van ZANU PF se militêre personeel bekom ten einde plase wat deur Afrikaners of blankes besit word, af te vat.

Dr. Dan Roodt van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het Saterdag ‘n vergadering belê waartydens veiligheidskwessies met lede van die Afrikanerfront se Veiligheidsdirektoraat bespreek is. “Daar bestaan vrese by Afrikaners dat Suid-Afrika besig is om in anargie en chaos soos in Zimbabwe te verval,” het Roodt gesê. “Rasgemotiveerde aanvalle op blankes en Afrikaners neem toe. Terwyl hy in Zimbabwe was, het mnr. Malema belowe dat grondbesettings in Suid-Afrika van die einde van die jaar af gaan begin. Volgens berigte, het die ANC van sy kaders na Zimbabwe gestuur vir opleiding in grondbesetting. Ons moet hierdie bedreigings baie ernstig opneem. Die voortbestaan van ons boere en die voedselsekerheid van Suid-Afrika is op die spel.”

Afrikaanse organisasies beplan om ‘n gemeenskaplike bevel- en beheerstruktuur daar te stel, met gedesentraliseerde kommando’s wat min of meer outonoom sal funksioneer, elkeen onder ‘n eie kommandant. Volgens Roodt, gaan die volgende organisasies deelneem aan ‘n vrywillige veiligheidstelsel wat in staat sal wees om veiligheid te verseker te midde van ‘n verval in wet en orde, maar ook om militêre bedreigings die hoof te bied wat spruit uit grondbesettings, met of sonder die deelname van ANC-kaders en ZANU PF-soldate wat oor ons grens mag kom: Boerevolkvryheidstigting, AWB, Suidlanders, Kommandokorps, TLU, PRAAG-gemeenskapsveiligheidsgroep.

Roodt het gesê dat die Afrikanerveiligheidsverenigings bekommerd is oor die stygende toon in die haatspraak wat teen Afrikaners gerig word. “Liedere wat geweld of selfs volksmoord teen Afrikaners of Boere aanhits, word steeds in verskeie dele van die land gesing. Die opmerkings van Julius Malema gister in die Noord-Kaap waardeur gesuggereer word dat Afrikanergrondeienaars buitelanders is, dra ‘n duidelike boodskap oor dat Afrikaners in Suid-Afrika ongewens is. Gegewe die xenofobiese aanvalle in Mei 2008, is ons bekommerd dat lede van die Afrikanervolk die volgende teiken vir pogroms deur Suid-Afrikaanse swartes gaan word.”

Roodt het ‘n beroep op Afrikanermans gedoen om by een van die burgerlike veiligheidsverenigings aan te sluit. “Ons ontleding toon dat ons op ‘n kruitvat sit. Die etniese en rassebewussyn van ‘n beduidende deel van die swart bevolking het kookpunt bereik en een of ander vorm van rassebotsing in die land mag voor die deur wees.”

big bad woolftopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.