Grond behoort aan ’buitelanders’, sê Malema

Deel op

Julius Malema het gister ‘n duidelike rassestreep getrek deur te verklaar dat Afrikanerboere in Suid-Afrika as buitelanders of vreemdelinge gesien moet word.

Die ANC-jeugleier het tydens ‘n jeugbyeenkoms in die Noord-Kaap gesê: “Dié land behoort aan buitelanders.”

Sonder grondbesit, beteken dit niks om in Suid-Afrika te mag stem nie, het Malema teenoor die skare uitgeroep. Volgens hom besit Suid-Afrikaners nie hul eie land nie.

Mense het grond nodig om hulself te voed en om sake as burgers te mag doen. Die sogenaamde gewillige-koper-gewilliger-verkoper-stelsel help nie die regering sy grondherverspreidingsprogram nie.

“Jy het grond nodig om enige iets te doen. Sonder grond beteken stemreg niks,” het hy gesê.

Volgens Malema kan Suid-Afrikaners stem totdat hulle pers in die gesig is. Solank as wat hulle nie die ekonomie van Suid-Afrika beheer nie, is hulle stemme nutteloos.

“Julle stem en moet steeds bedel,” het hy gesê.

Malema meen dat mense elke vyf jaar in die verlede gestem het en steeds word werkers geslaan en deur boere vermoor, omdat hulle nie daardie plase besit nie.

Hy het gesê dat die land se politieke vryheid niks beteken as daar nie op ‘n praktiese program van ingryping in eiendomskwessies besluit word nie.

Volgens hom plak lokasiebewoners steeds op eiendom wat hulle grond noem. Daarteenoor, het hy gesê, is daar mense met klein gesinne wat stukke grond “so groot soos lande” besit.

Malema het gesê dat hy aangesê is om nie oor grond- en eiendomspolitiek of nasionalisering te praat nie omdat dit beleggers sou afskrik.

“Hulle belê in lande waar daar burgeroorloë woed,” het hy gesê en bygevoeg dat mense nie die “leuens moet glo dat beleggers deur nasionaliseringspraatjies afgeskrik sal word nie.

Volgens Malema gee beleggers nie vir mense om nie maar stel slegs in wins belang.

Hy het ook gesê dat indien beleggers sou vertrek, sou die Chinese hul plek inneem.

“Die Chinese werk met enigiemand saam,” het hy gesê.

www euro comОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.