‘n Streep in die sand

Deel op

Waar is ons Afrikaners se spreekwoordelike streep op die grond? Het ons ooit so iets?

Ons skole is omgeskakel in masjiene wat Afrikanerkinders vir ure op ‘n dag ANC-propaganda voer. Ons TV-kanale, die nuus wat ons ontvang vanaf hoofstroombronne, alles is daarop gemik om die Afrikaner en alles waarvoor hy staan af te breek.

Ons word aangeraai, subliminaal en andersins, om eerder identiteitsloos in te skakel by die doodgebore rëenboognasie wat so deurmekaar gekrap is dat net die swart nog wys. As jy wit is, is jy ‘n “right-winger”, die laagste lewensvorm wat daar bestaan. As jy wit is, is jy ‘n rassis. As jy wit is, skuld jy die swartes iets, en jy beter betaal of jou gesig word maalvleis gekap terwyl jy slaap. As jy wit is, is jy ‘n “Boer” , en Boere is verkragters wat geskiet moet word. As jy wit is… so kan ‘n persoon heeldag aangaan. ‘n Mens raak net meer en meer bitter soos wat die voorbeelde van die Afrikaner se verguising al te maklik opgeroep kan word, nie omrede die skrywer so ‘n goeie geheue het nie, maar omdat die voorbeelde elke liewe dag raakgesien en raakgelees kan word.

Daar kan baie redes aangevoer word hoekom ons nog nie as ‘n volk die momentum vir daadwerklike aksie kon bereik nie.

Dalk gaan dit nog nie sleg genoeg nie? Dalk omrede my DSTV-kanale nog almal werk? Hoe dit ook al sy, glo ek nie vir een oomblik meer dat daar wel iets aan die kom is wat ons almal tot aksie gaan noop nie. Die radikales gaan die manne in die middel met geen opsie los nie. Wat hierdie “aksie” gaan wees, is tot ‘n mate debatteerbaar, maar my persoonlike opinie is dat daar nou net een manier is om burgeroorlog te voorkom en dit is om dit weg te bid.

Wat God se plan met hierdie land en die Afrikaner ook al is, kan ek met ‘n amper boonatuurlike kalmte wat oor my spoel in die laaste paar weke met opregtheid verklaar dat daar niks is om voor bang te wees nie. God is en bly in beheer, en Sy Wil sal geskied.

Om terug te keer na die onderwerp, waar lê ons streep? Daar is al baie strepe getrek, waar “genoeg” blykbaar toe nie “genoeg” was nie.

Ons hoor van die laaste paar boere wat van hulle plase afgejaag word in Rhodesië, met een boer wat nie eens toegelaat is om sy kinders van die plaas te verwyder voor hy in die tronk gestop is nie. Onwilekeurig dink ek aan voorbeelde waar ons SA boere ook links en regs spesifiek oor naweke in tronke beland met beloftes van verkragtings in die selle. Dit is blykbaar ook nie die streep nie.

Ek wil graag wel ‘n streep voorstel, ‘n laaste strooi, as’t ware :

Die dag wat die eerste boer se plaas Zim-styl gegryp word, is die dag wat die streep oorgesteek is. Ons moet baie mooi verstaan dat daar nie een so ‘n geval toegelaat mag word nie. Om so iets toe te laat, gaan bloot veroorsaak dat boere daarna in totale isolasie een na die ander verjaag gaan word totdat ons in ‘n veel slegter posisie gaan wees as dié waarin Rhodesië hulle nou bevind. (Hou in gedagte dat ons nie verder suid kan vlug nie.)

So my mede-Afrikaners, Boere, wanneer daardie dag aanbreek waar honderde grondbesetters op ‘n plaas opdaag om die eienaar te verdryf, en daar daag nie honderde gewapende manne op om hulle te verjaag nie, het ons hierdie stryd finaal verloor. Daardie dag hoef jy nie te wonder oor wie jou vyand is nie: dit gaan eenvoudig enige persoon of groep wees wat die boere van hulle eiendomsreg wil ontneem.online slots freeОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.