Opvolgstryd: Die stof het nog nie gaan lê nie

Deel op
Die opvolgstryd in die ANC woed steeds. Intrige, dubbele agente en verraad is aan die orde van die dag om ‘n opvolger vir Jacob Zuma aan te wys en buitelandse invloed te temper. Die stof het nog nie gaan lê nie…

‘n Paar weke gelede het City Press berig dat die ANC-jeugliga aangehelp is deur voormalige en huidige regeringsamptenare, waaronder agente in die inligtingsdiens, wat hoogs persoonlike inligting oor onder meer joernaliste aan die ligapresident oorhandig het. 

Billy Masetlha, wat deur President Thabo Mbeki in 2008 as hoof van die Nasionale Intelligensie-agentskap afgedank is, is glo die brein daaragter.

Die bankrekening van Dumisane Lubisi (‘n joernalis by die City Press wat Malema kritiseer), sowel as die identiteitsnommers van sy dogters, is bekendgemaak. Masetlha is ‘n ondersteuner van Fikile Mbalula. Mbalula, wat voorheen president van die Jeugliga was, is Malema se keuse vir die belangrike posisie van die ANC se sekretaris-generaal.

Gwede Mantashe vul tans daardie stoel, asook dié van voorsitter van die SA Kommunistiese Party, maar Malema wil glo graag die SAKP uitdryf uit die Alliansie omdat hy hulle as ‘n buitelandse teenwoordigheid sien.

Waarskynlik is Malema nie ver verkeerd nie, aangesien Jeremy Cronin besonder goeie verhoudinge met die Britte geniet. ‘n Ander vraagteken hang oor die rol wat die Brit Patrick Craven by Cosatu speel. Hy tree gewoonlik as woordvoerder van dié organisasie op.

Die middelpunt van die omstredenheid, sê City Press, is die doeaneagent Michael Peega, wat deur deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) afgedank is. Peega is in Junie danksy verskeie aanklagte van wangedrag deur die SAID gevra om te loop . Hy is tans uit op borgtog van R20 000, en sal tereg staan as beweerde lid van ‘n internasionale sindikaat wat betrokke is by aktiwiteite wat wissel van die onwettige stropery van renosters tot die besit van onwettige vuurwapens.

Peega het glo kontakte in staatsdepartemente en die banke om “dossiers op te stel” wat sensitiewe inligting oor Malema se kritici bevat.

Die Peega-netwerk opereer vanuit die luukse kantore van die ANC-Jeugliga se beleggingsmaatskappy, Lembede Investment Holdings, in Sandton. Hierdie “span” het toegang tot persoonlike skootrekenaars, 3G-verbindings en kontant om oor die hele land te reis wat hulle in staat stel om “intelligensie” of inligting in te samel. 

Peega is voorts goed bevriend met ANC-swaargewigte soos Tony Yengeni, Fikile Mbalula en Zizi Kodwa, die presidensiële woordvoerder.

Stanley Uys skryf vandag op politicsweb dat Die Transvaler in 1968 ‘n soortgelyke veldtog teen wyle dr Raymond (Bill) Hoffenberg van stapel gestuur het. Destydse agente het persoonlike inligting oor die Britse endokrinoloog aan die koerant deurgegee wat die voorblad gehaal het en hom sy verblyfreg in Suid-Afrika gekos het.

Hoffenberg was ‘n Britse professor en president van die Royal College of Physicians, asook ridder en voorsitter van Wolfson College, Oxford Universiteit. Sy ander onderskeiding was natuurlik dat hy ‘n groot Afrikanerhater was.

как сшить рубашку для девочкиОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.