Suid-Afrika selfsodomiseer sy reputasie

Deel op

Die sirkus sedert verlede Saterdag toe die gedrukte media in Suid-Afrika met hul sodomie-gerugte rondom Eugene Terre’Blanche begin het, blyk nou gedeeltelik deur die land se inligtingsdiens georkestreer te word, luidens ‘n verklaring wat die AWB gister aan Sapa uitgereik het.

In kommentaar gister op die Mail % Guardian se webwerf skryf ‘n Engelssprekende blanke, ene Mao Brac:

These previously disadvantaged cops, previously disadvantaged journos, and previously disadvantaged lawyers and their corrupt masters are busy sodomising the SA justice system, at levels which make the Boere’s machinations in the 80’s look like child’s play. I’ve already told people abroad that I’m ashamed to be South African. I’m no AWB sympathizer, by the way. Have always despised them anyway. Mao Brac on April 12, 2010, 7:32 pm

Dis asof die landsregering en die mediahuise deur ‘n bende dertienjariges vanuit ‘n seunskoshuis oorgeneem is. Die infantiele aantygings en sommer opgemaakte stories oor sodomie en kondome wat klakkeloos deur polisie-offisiere, ondersoekbeamptes en die koerante herhaal word, is nie net kinderagtig nie, dis infantiel verby.

Suid-Afrika is vinnig besig om die teater van die absurde wat hom in Afrikalande soos Uganda onder Idi Amin en Zimbabwe onder Robert Mugabe afgespeel het, tot nuwe hoogtes te voer.

Die staat, die land en sy media selfsodomiseer sy eie reputasie!

Saam met die anonieme Engelssprekende hierbo wat “skaam is om ‘n Suid-Afrikaner te wees”, moet elke regdenkende Afrikaner vandag besef dat ons finaal afstand van die Suid-Afrikaanse identiteit, die onderbroekvlag, Nkosi Sikelel’i Afrika en alles wat daarmee saamhang, moet doen.

Ons voorouers wat, op enkele weke na, ‘n eeu gelede hierdie staat opgerig en tot die suksesvolste in Afrika opgebou het, sou nooit kon voorsien dat dit eendag as ‘n korrupte, gewelddadige sirkus onder temmers soos Julius Malema sou eindig nie.

Die Afrikaner moet so gou moontlik ‘n eie republiek, ‘n volkstaat verkry waarin ons ons eie kultuur kan beoefen en ons eie doelwitte kan nastreef, sonder om in die modder afgetrek te word deur kinderagtige grootmenere met blink swart motors, sakke vol geld uit die staatskas en wat boonop sodomiepraatjies as “slim politieke propgaganda” voorhou.

Kom ons ontstrengel ons uit dié platvloerse gemors.

Laat die oranje, blanje, blou weer wapper oor ons eie land. En sommer gou!excalibur casino gamesДанильченео

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.