Die Afrikanervolksparty se webblad berig dat die Sweedse Versetsbeweging op Saterdag 17 April ‘n optog na die Suid-Afrikaanse ambassade in Stockholm sal hou.
“Ons hou die ANC verantwoordelik vir die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche, leier van die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB), maar ook die voortgesette volksmoord op die blankes in Suid-Afrika,” verklaar die beweging.
“Eugéne Terre’Blanche het lewenslank ‘n toegewyde stryd gevoer vir sy volk en ‘n soewereiene staat vir die blanke Boerevolk. Dis hartseer dat sy lewe soos duisende ander blanke boere geëindig het, brutaal vermoor deur swartes.
“Daarom die protesoptog met die wekroep, Staak die Boere-uitwissing! – uit eerbied en ter herinnering aan hierdie wit leier. Ons optog is egter ook om aan die wêreld van die lot van ons mense in Suid-Afrika te vertel. Ons wil ‘n boodskap oordra van ‘n regering wat in stilte moord, roof, verkragting en die plundering van blankes steun.
“Hiermee wil ons ’n oproep rig tot ons broers en susters oral in die wêreld om standpunt in te neem, ons kan nie langer net sit en niks doen terwyl die wit bevolking van Suid-Afrika uitgemoor word nie. Wat nou in Suid-Afrika gebeur, is more ons volke se lot!
“Ons versetbeweging se optog Saterdag is om aan die Boerevolk te toon hy is nie alleen nie en dat ons saam met hom in sy stryd om voortbestaan is.
“Ons pleit by u om dieselfde te doen, om aan die wêreld te toon die wit ras steeds ‘n mag is om mee rekening te hou want hulle is ons kamerade, dit is u plig!”
Die Sweedse Versetsbeweging word in Swede as ‘n “militante neo-Nazi-groep” beskou. Een van die leiers, Klas Lund, is weens die onwettige besit van ‘n vuurwapen tronk toe gestuur.