Obama prys SA se kernafbou

Deel op
Amerikaanse president Barack Obama het tydens sy ontmoeting met president Jacob Zuma Sondag lof vir Suid-Afrika uitgespreek as die eerste land wat ‘n kernwapenprogram laat vaar het.

Obama met Zuma te midde van ‘n reeks bilaterale vergaderings met wêreldleiers op die vooraand van ‘n spitsberaad oor kernsekuriteit wat 47 lande bywoon, ontmoet. Die byeenkoms sal daarop fokus om beloftes van sleutelspelers te bekom oor hoe om kernmateriaal uit die hande van ekstremistiese groepe te hou.

“Suid-Afrika is in die enigste land wat ‘n kernwapenprogram gehad het en bereid was om vorentoe te beweeg daarmee, en toe besluit hierdie was nie die regte pad nie,” het Obama gesê, en daarop gewys hoedat Suid-Afrika sedertdien ‘n leier op nie-proliferasie is.

“Suid-Afrika het spesiale status as ‘n morele leier op hierdie kwessie. En ek wou in die openbaar vir President Zuma en sy administrasie komplimenteer vir die leierskap wat hulle getoon het,” het Obama gesê. 

“En ons sien uit na die moontlikheid om hulle van hulp te wees om ander lande te lei in ‘n soortgelyke rigting van nie-proliferasie.”

Suid-Afrika het sy kernwapenprogram in die negentigerjare afgebou en die Internasionale Atoom Energie Agentskap het in 1994 gesertifiseer dat die program ten volle is afgebou is.

slot on linetopcargo развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.