Malema beledig SA se ware heersers

Deel op

Die ANC was geweldig teësinnig om Malema oor die kole te haal agv sy haatliedjies wat die massas opsweep om Afrikaners te vermoor. Dit was duidelik dat die ANC saamstem met Malema, dat hulle blankes ook as ‘n ergenis beskou. Dit het ET se moord gekos om die ANC te oortuig dat hy moes ophou, maar selfs ná ET se dood was dit steeds ‘n halfhartige en teësinnige snoering van Malema se vet smoel.

Op 8 April 2010 pleeg Malema egter ‘n aartssonde. Hy laat ‘n BBC-joernalis uit ‘n perskonferensie smyt, en beledig dié in die proses.

Dit kan ons nie duld nie, kan ons? Om mense aan te moedig om vier miljoen blankes met pangas dood te kap, is een ding, maar die waardigheid van een soutsakjoernalis is iets heeltemal anders. Die indiwidu se waardigheid is skynbaar veel, veel belangriker as miljoene blankes se veiligheid. Onmiddellik word Malema erg oor die kole gehaal, iets wat glad nie voorheen gebeur het nie. Die ANC het tot vandag toe nie vir blankes om verskoning gevra oor Malema se haatliedjies nie, maar daar word dadelik ‘n kruiperige verskoning teenoor die soutsakke uitgereik.

Daar het julle dit, mense. Vir diegene wat nog gewonder het: julle kan maar ophou wonder. Suid-Afrika word uit Whitehall, die finansiële distrik van Londen, Sandton en die JEB regeer, en beslis nié uit Pretoria nie. Die ware mag in Suid-Afrika is Britse, Engelse en Joodse sakebelange, soos Brett Kebble, die boef wat Malema in die verlede befonds het. Die oomblik toe Malema op daardie spesifieke tone trap, word hy terstond in die bek geruk en toe kry die soutsakke ‘n kruiperige verskoning.

In 1776 het die Amerikaners ‘n burgeroorlog geloods om van presies dieselfde stinkende imperialiste in Londen ontslae te raak. Hoe lank gaan dit ons neem om van ons Britse en Engelse meesters ontslae te raak?

светильники для душевых помещенийлобановский александр игоревич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.