AWB woedend oor media se seksbewerings

Deel op

Die AWB (Afrikanerweerstandsbeweging) het die volgende verklaring uitgereik ná koerante van die Independent-groep en agterna Nasionale Pers bewerings gepubliseer het dat mnr. Eugene Terre’Blanche sy voornemende moordenaar(s) eers homoseksueel sou verkrag het.

Die AWB neem met woede kennis van berigte in die Saturday Star oor die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche en reageer soos volg:

1. By die voorverhoor van die saak teen die aangeklaagdes is Dinsdag uitdruklik gesê dat die moordenaars toegang tot die huis (waarin die moord gepleeg is) verkry het deur ’n venster. Die omstandighede waaronder die moord plaasgevind het lyk verdag, maar dit is absurd en kwaadwillig om te suggereer dat ’n huisbraakprooi sy aanvallers sou keer om hom dood te maak deur hulle te sodomiseer.

2. Hierdie inligting word nóú eers – ’n week na die wreedaardige, barbaarse en grusame moord op mnr. Terre’Blanche, bekend gemaak – ’n dag na sy begrafnis. Indien die feite waar was, sou hierdie berigte die sensasiehonger media se eerste soetsappige beweringe wees waarmee hulle kon geld maak, maar dit is nie gepubliseer nie.

Sulke kwaadwilligheid getuig van ’n gebrek aan respek vir die dood, ’n onsensitiewe en onverantwoordelike benadering jeens landsveiligheid en ’n onbeskryflike minagting vir die teerste gevoelens van wyle mnr. Terre’Blanche se vriende, familie, gesin en AWB-lede wat rou oor sy dood.

3. Die SAPD se topstruktuur bevestig telefonies uitdruklik dat die inligting in die bogenoemde koerant rakende ’n kondoom wat op die toneel gevind is:

(i) NIE van die SAPD afkomstig is NIE en NIE waar is NIE;

(ii) NIE deur die SAPD geverifieer is NIE.

Dit versterk die vermoede dat diegene wat vir mnr. Terre’Blanche se dood verantwoordelik was, hom tereggestel het MET bymotiewe, en hom nie net om die lewe wou bring oor ’n loongeskil nie.

4. Volgens verklarings (wat op versoek beëdig kan word) het mnr. Terre’Blanche nie op die dag waarop hy vermoor is, sy hartmedikasie die oggend geneem nie (wat normaalweg by hartpasiënte ’n grootse moegheid tot gevolg het) en dit op ’n oorwig van waarskynlikhede onmoontlik is dat hy energie sou hê om mense wat ingebreek het, te verkrag. (Mnr. Terre’Blanche het enkele weke voor sy dood twee stents in sy hart laat inplant.)

5. Die media moet nou begin kies of hulle mnr. Terre’Blanche as rassis wil beskou of as ’n verkragter van ’n swart jeugdige.

6. Die poging wat geloods word om mnr. Terre’Blanche self die skuld vir die moord op hom te gee deur hom van swak behandeling van sy werkers te beskuldig, het duidelik nie geslaag nie. Die soeke na alternatiewe motiewe versterk die vermoede dat die ware motief ten alle koste verdoesel wil word deur diegene wat die moord beplan het.

7. Die AWB se regskomitee het reeds ’n instruksie ontvang om, indien die beweringe in die koerant nie bewys kan word deur diegene wat dit gemaak het nie, summier deliktuele eise in te stel.

8. Ons Almagtige Hemelse Vader weet wat die waarheid is, want Hy het gesê “Ék is?… die waarheid …” (Joh 14:6). Om die waarheid uit hierdie saak te hou, is onmoontlik. Dit sal weer eens in hierdie saak bewys word.

ANDRÉ VISAGIE

SEKRETARIS-GENERAAL: AWB

инструмент ликотаАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.