ET moet in die see begrawe word sê Payco

Deel op

Die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche moet begrawe word in die see omdat hy nie verdien om begrawe te word op die Afrikabodem nie, het PAC se Jeugkongres, Payco, gister gesê.

“ET [sy bynaam] verdien nie om begrawe te word in Afrika se grond nie. Hy moet iewers begrawe word in sy Volkstaat in die Indiese Oseaan,” het Sello Tladi, woordvoerder vir een van die Pan-Afrikanistiese Kongres se jeuggroepe gesê.

“ET is anti-Afrika en sy hele rassistiese lewe lank gekant teen Afrikane en om hom in Afrika se bodem te begrawe sal ‘n belediging vir Afrikamense wees,” het hy gesê in ‘n verklaring voor Terre’Blanche se begrafnis in Ventersdorp Vrydag.

Tladi se spelling het hom in die steek gelaat met verwysing na Terre’Blanche se begrafnis wat hy as “burring” geskryf het.

Hulle wou ook nie hê die verhoor van die “dapper” 15-jarige en die 28-jarige wat in hegtenis geneem is vir Terre’Blanche moord op Paas-Saterdag, moet hanteer word deur ‘n wit aanklaer of regter nie, vanweë hulle rassevooroordeel van die verlede.

“Ons hoop dat die ander wit rassiste ‘n les geleer het deur middel van hierdie heldhaftige gewapende stryd deur twee swart mans teen die siek simbool van die argaïese wit heerskappy. “

Terre’Blanche is in sy bed vermoor op sy plaas buite Ventersdorp Saterdag.освобождение от физкультуры купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.