AWB-gas storm uit ateljee

Deel op
Die AWB se sekretaris-generaal, is uit die ateljee van die eNews-program-Afrika 360 vergesel, nadat hy glo aanbieder en politieke ontleder Lebohang Pheko Woensdag gedreig het.

André Visagie, wat ‘n gas op die nuusprogram was, het sy mikrofoon afgeruk en dit op die vloer gegooi. Visagie het gekla dat die aanbieder hom nie die geleentheid gun om sy saak te stel nie.

Hy het het daarna in ‘n verbale geveg met Chris Maroleng getree wat Pheko verdedig het.

Pheko het aan Visagie gesê Afikaans en Afrikaanse kultuur bestaan net in sy verwysingsraamwerk en nie daarbuite nie. Visagie het in ongeloof geantwoord dat dit nie beperk is tot sy verwysingsraamwerk nie, maar ‘n doodgewone feit is.

Sapa het ‘n verwronge berig oor die insident geplaas waarin hulle beweer dat Visagie dreig om Maroleng “aan te raak”.

Die voorval is intussen op YouTube uitgesaai waarin dit duidelik is dat Visagie deur die nuusspan gedreig word en uiters onregverdig behandel is.

‘n Kyker het ná die relletjie gesê Pheko het Visagie openlik getart deur te veralgemeen oor die lot van plaaswerkers.

Die nuwe Social Movement Against Racist Tendencies (Smart),
gestig deur, onder andere, onderwys-departement woordvoerder Panyaza Lesufi, het gesê hulle is nie verbaas oor die gedrag van Visagie nie.

“Die nuutste uitbarsting deur die Algemene Sekretaris van die AWB bevestig wat ons ‘n lang tyd glo, naamlik dat rassiste behandel word met handskoene (sic) in ons land; dink net as dit Julius Malema was, wat homself gedra het soos hierdie,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Smart het gesê dat die media is “verheerlik rassiste”.

“Etv verheerlik rassiste sedert die afsterwe van Eugene Terre’Blanche en gevolge daarvan is duidelik.”

Lesufi sê Smart  het reeds 5 000 lede, onder hulle “glanspersone, politici, musici, prokureurs en professioneles”.

Hy het gesê die Smart se regspan sal “dringend” aanklagte van intimidasie teen Visagie ondersoek, sowel as ‘n dringende interdik  vra om die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag by
Terre’Blanche se begrafnis in Ventersdorp Vrydag te stop.

Smart sou amptelik van stapel gestuur word op 16 Junie,  het Lesufi gesê.

casino bonus freeтопкарго развод

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.