Kom ons stop die Wêreldbeker!

Deel op

Volgens ‘n berig in Beeld van 6 April het daar meer as 1 miljoen se onverkoopte kaartjies vir die Sokkerwêreldbeker teruggekom na Suid-Afrika. Hoeveel kaartjies nou al werklik verkoop is, slegs 10 weke voor die begin van die toernooi, sal ons seker nooit weet nie. Dit begin al hoe meer lyk asof die buitewereld besluit het om eerder hierdie avontuur vanaf die rusbank mee te maak. Mens kan aanneem dat die binnelandse (on)veiligheidsituasie baie hiertoe bygedra het.

Met die internasionale dekking wat die brutale moord op Eugene Terre’Blanche tans kry en die beelde van oproerige swartes buite die hof, kan mens nie verwag dat buitelanders juis oorgretig gaan wees om vir ons te kom kuier nie, en ‘n mens kan hulle dit ook nie verkwalik nie.

Die vraag wat ons egter aan FIFA moet vra is hoe hulle die toernooi enigsins kan laat voortgaan in ‘n land waar liedere soos “Kill the Boer” openlik gesing word. As die Duitsers 4 jaar gelede so vrolik “Kill the Jews” gesing het, sou die hele Duitsland as gevolg daarvan sekerlik met doringdraad afgekamp gewees het.

FIFA is openlik teen rassisme gekant en het allerlei aksies wat hiermee verband hou. Hulle voel so erg oor die saak, dat hul statute soos volg hiervan melding maak:

Artikel 3 (“Non-discrimination and stance against racism”) ” Discrimination of any kind against a country, private person or groups of people on account of ethnic origin, gender, language, religion, politics or any other reason is strictly prohibited and punishable by suspension or expulsion.”

Daar is dus ‘n goeie saak vir ‘n boikot-aksie van die toernooi. Daar moet so gou moontlik ‘n versoek aan die beheerliggame soos FIFA asook aan die sokkervereningings van die 32 deelnemende lande gerig word in die lig van die vlaag moorde wat deur die magsdronk ANC veroorsaak word.

En ten spyte daarvan dat die toernooi wel sal voortgaan met met geflouste rekenaarbeelde van vol stadions, bied hierdie toernooi en die buitelandse mediabelangstelling ‘n goeie platform vir ‘n protesaksie deur alle Afrikaners. Die effek hiervan kan drasties verhoog word indien dit gekoördineer word tussen alle groeperings en partye.

‘n Paar duisend T-hemde wat so ‘n boodskap verkondig kan hierdie boikot aanhelp, maar die troefkaart is dalk honderde bakkies wat ‘n paar uur voor elke wedstryd koppelaarprobleme ontwikkel en pap wiele kry op strategiese plekke op die snelweë en sodoende reuse-verkeersopeenhopings veroorsaak.

Dis dalk ons laaste kans in ‘n lang tyd in die kollig van die wêreldmedia, en ons moet dit op een of ander manier tot ons voordeel benut.

игры дляы девочекtopcargo

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.