AWB-graffiti pryk op padtekens

Deel op
Graffiti  van Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) was oral op padtekens langs die N12-hoofweg tussen Johannesburg en Potchefstroom aangebring na die moord op Eugene Terre’Blanche die afgelope naweek.

Volgens kapt. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die polisie bewus van die graffiti maar is daar nog geen saak aanhangig gemaak nie.

Sy het bygevoeg dat die graffiti beslis “nuut” is.

Sowat 25 tot 30 padtekens is beskadig met Graffiti wat lees; “AWB, AWB Oorlog” en “777” (‘n vorm van die party se swastika-embleem).

Die padtekens is met helder pienk, bloedrooi en swart verf gespuit.

Op een van die borde het gestaan; “F***** honde”.

halo headbandФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.