Polisieklopjagte op Afrikaners op pad!

Deel op

PRAAG het so pas van ‘n bron binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens verneem dat klopjagte op Afrikanerleiers en sogenaamde “regses” uitgevoer gaan word. Huise gaan deursoek word vir onwettige wapens, plofstof en opruiende materiaal. Blykbaar gaan daar selfs voorwerpe geplant word by mense wat as hinderlik vir die regering beskou word.

Volgens ons bron is die polisie bewus van die ontevredenheid en pogings van Afrikanergroepe om te begin mobiliseer ná die moord op Eugene Terre’Blanche en gemoedere wat hoog loop oor geweldsmisdaad, Malema se uitsprake en dreigemente van plaasbesettings deur sowel Malema as die minister van grondsake, Gugile Nkwinti.

Die doel van die polisieklopjagte gaan tweeledig wees:

  • om aan die buiteland te demonstreer dat die ANC steeds “in beheer” van die land verkeer en in staat is om enige verset in die kiem te smoor;
  • om Afrikaners te intimideer om enige voorbereidings tot verset, opstand of selfverdediging te laat vaar.

Intussen is duisende Afrikaners besig om op te ruk na Ventersdorp om Eugene Terre’Blanche se begrafnis Vrydag om 12.00 by te woon.

Volgens interne e-posberigte gaan die Vryheidsfront Plus ‘n amptelike afvaardiging onder leiding van dr. Pieter Mulder na die begrafnis stuur en die provinsiale bestuur van Gauteng sal ook in volle sterkte teenwoordig wees.

Мильстримлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.