AWB wys nuwe leier aan

Deel op

n Boer uit die Suid-Vrystaat is Dinsdag as die AWB se nuwe leier aangewys.

Steyn van Ronge, wat al meer as 20 jaar ‘n lid van die beweging is, het beloof om die Afrikaner Weerstandsbeweging se doel na te streef om terug te keer na God en die vereniging van die “volk”.

Sy verkiesing volg na die moord op AWB-leier Eugene Terre’Blanche op sy plaas, Saterdag te Ventersdorp.

Hy het gesê dat sedert Terre’Blanche se moord ontvang hulle “duisende” van nuwe lidmaatskapaansoeke. “Ons sal nie toelaat dat ‘n voorval van hierdie aard te weer gebeur nie,” het hy gesê.

Die organisasie beplan die uitvoering van ‘n veiligheidsplan, wat die beskerming van “ons mense”,  insluit sê hy, sonder om enige verdere besonderhede te verstrek.

Van Ronge het gesê Martie, Terre’Blanche se vrou, word deur haar gesin ondersteun en “hou goed onder die omstandighede.”

Hy het gesê dat enige optrede van die AWB in die uitvoering van sy veiligheidsplan binne die wette van die land sal geskied.

Die organisasie sal egter nie verantwoordelikheid neem vir individuele lede wat besluit om Terre’Blanche se dood te wreek in reaksie tot die opruiende uitsprake deur die ANC Jeugligaleier, Julius Malema, of die regering se “stadige reaksie op misdaad” nie.

“Duisende” mense van oral in die land word by Terre’Blanche se begrafnisdiens in die Afrikaanse Protestantse kerk in die dorp op Vrydagoggend verwag.

Hy sal begrawe word op sy plaas buite die stad na die tyd.

Van Ronge het buite Ventersdorp by Terre’Blanche se huis gepraat, aan die voorkant vanaf ‘n ossewa op die stoep, terwyl drie Duitse herdershonde op die grasperk baljaar het.

1 playФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.