Alle Afrikaners moet ET-begrafnis bywoon

Deel op

Ek haal my hoed af vir die bereidwilligheid van groepe en organisasies om hulle verskille opsy te sit en as Boere in eenheid in getalle solidariteit te betoon by Oom Eugene se begrafnis Vrydag 12h00 op Ventersdorp.

Op die oomblik in ons geskiedenis is Oom Eugene die Boereleier volgens die buitewêreld en hulle media.

Die AWB word deur ons media en ministers as ‘n klein splinterorganisasie afgemaak.

Ons wil Vrydag 100 000 mense of 500 000 mense graag op Ventersdorp sien.

Ek self gaan my bes probeer om daardie dag af te kry sodat ek dalk saam met vriende redelik vroeg daarheen kan deurry.

Bid groot asseblief dat baie mense opdaag net om te wys dat die AWB glad nie ‘n klein groep is nie.

Maar eerder dat ons Een Groot Volk vol enersdenkende blankes, Afrikaners en Boere is!

Ek doen ‘n versoek aan mense om ander hieroor in te lig of daar vervoer aangebied kan word of saamry geleenthede bestaan vir mense wat na die begrafnis toe wil gaan. Kan iemand ‘n bus per dorp aanbied om mense soontoe en terug te vervoer van sentrale punte af asseblief.

Mense, as ons hierdie geleentheid nie gebruik nie gaan die waffers dink dat hulle vrywaring kry om hulle oorlog wat tans onder die beesmis gevoer word, te intensifeer.

Hierdie is ons blanke volk se laaste kans om respek af te dwing deur in massa op te daag sodat ons ook die Gelofte van Bloedrivier dalk af kan lê, daar en dan ná die begrafnis.

Ek weet nie hoe julle voel nie maar dit voel asof die hemel huil. Dit reën min of meer aanhoudend…

My dank aan die volgende organisasies wat ek wat my per foon gekontak het om hulle by hierdie aksie aan te sluit en al hul lede te verwittig:

Boerevolk Trust (Paul Bennet – Leier)

Suidlanders (Joseph – Onderleier)

Brandwag ( Jan – Leier )

Ander groepe wat op hulle forums dieselfde aksie begin loods

Die Boerejeugverenigingsraad (Ek weet nie wie hulle leier is nie)

U is welkom om u organisasie se naam hier by te kom voeg en dalk u hulp aan ons lede te bied i.v.m. vervoer.

Respekteer die familie se versoek asseblief – geen vlae tydens die begrafnis nie.

Baie dankie.

Barend Kruger

Boerevryheid-jeugleier

Sekretaris – Boerevryheidstigting

от физкультурыФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.