Verregses wen ver veld in Hongarye

Deel op

‘n Verregse party in Hongarye, Jobbik, wat sewe jaar gelede eers afgelag is as “Nazi’s”, en in die nasionale verkiesing in 2006 skaars 2,2% van die stemme kon inpalm, het die internasionale gemeenskap aan die gons.

Gabor Vona, die jeugdige leier, se beloftes dat hy Hongarye gaan regruk, korrupsie gaan uitroei, die Roma se staatsafhanklikheid gaan tem en ontslae gaan raak van buitelandse parasiete, is beslis die boodskap wat middelklas Hongare wil hoor.

Duisende entoesiastiese ondersteuners sak toe op Vona se vergaderings waar hy belowe om “Hongarye se nasionale trots en identiteit te herstel”.

Waar Jobbik nie ‘n enkele parlementslid verkies kon kry in 2006 nie, voorspel kenners dat hulle die tweede sterkste party in die parlement gaan wees na afloop van die verkiesing. Die eerste van twee rondtes se stemmery sal oor ‘n week in aanvang neem.

Jobbik put uit die totale ineenstorting van die linkse idees in Hongarye. Die heersende linkse MSZP-party, wat die ekonomiese krisis in die land laat verdiep het deur korrupsie en wanbestuur, staar ‘n vernedering van regs in die gesig.

Die sentrum-regse Fidesz-party sal na verwagting die linkse MSZP uitwis. Vona se Jobbik kan voorts soveel as een uit elke vyf stemme trek.

Jobbik-ondersteuners sê ander partye staan in diens van buitelandse belange en hulle is anti-Hongaars.

In teenstelling met ander partye is Jobbik gretig om die Roma-misdaadprobleem aan te spreek. Die blote feit dat die Roma-kwessie ter sprake kom, het beskuldigings dat Jobbik terughunker na fascisme en Hitler se doodskampe in Europa laat weerklink. Die anti-Joodse vergrootglas is onder meer uitgehaal om die party te diskrediteer. Besware teen die rooi en wit embleem wat sou herinner aan 1944 en uniforms by byeenkomste word ook telkens bygehaal.

Die aanvallige Krisztina Morvai, ma van drie en advokaat, is verlede jaar tot lid van die Europese Parlement verkies. Deur haar betrokkenheid by Jobbik word sy voortdurend in Europa as ‘n Nazi afgemaak.

Soos die besadigde Vona met sy sagte stem dit stel: “Ons word voortdurend van rassisme beskuldig as ons eerlik van die Roma-probleem praat. Ons mag dalk mekaar se gevoelens seermaak as ons eerlik is, maar ons moet tersaaklik wees.”

Fidesz-ondersteuners is bekommerd oor die sukses van Jobbik. “As Jobbik in die regering toegelaat word, gaan dit ‘n ramp vir Hongarye wees. Ons gaan deur die res van Europa verwerp word.”

тамбов кресла,Олександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.