Plaasbesettings kom teen einde 2010 – Malema

Julius Malema
Deel op

Julius MalemaJulius Malema, die omstrede jeugleier van die ANC, het eergister in Zimbabwe gesê dat sy party ZANU-PF se voorbeeld gaan volg en teen die einde van die jaar gaan begin om plase in blanke besit oor te neem.

Luidens die Zimbabwe Mail, het Malema dié opmerkings by ‘n myn 160 kilometer van Harare af gemaak. Hy het aan ‘n skare ZANU-PF-aanhangers gesê: “Julle is nie alleen nie. Julle stryd is ons stryd.”

Volgens Malema het “Zimbabwe die weg aangewys in die stryd oor grond”. Hy het ook belowe dat “Zimbabwiese metodes gebruik gaan word” om grond van blanke boere in Suid-Afrika af te neem.

Malema het ook aan die skare gesê dat hy sal aanhou om sy liedjies met woorde soos “Skiet die Boere” te sing, ongeag Suid-Afrikaanse hofuitsprake daarteen.

Gisteraand het Malema aan die SAUK TV-nuus gesê dat hy “sulke liedjies sing sedert hy nege jaar oud is en toe het dit niemand se dood veroorsaak nie”.

Die ANC-jeugleier het Zimbabwiërs aangemoedig om maatskappye in blanke en buitelandse besit oor te neem. Volgens hom moet “die mense bevryding omhels en aanhou om teen die Westerse imperialisme te veg”.

Dieselfde koerant het ‘n week gelede berig dat die ANC beplan om met die hulp van Robert Mugabe se oorlogsveterane grond in Suid-Afrika te beset.

‘n Lid van ZANU-PF se veiligheidsdepartement het verlede week aan die Zimbabwe Mail gesê dat Malema se besoek aan Zimbabwe in opvolg van ‘n geheime hoëvlakgesprek tussen Robert Mugabe en Jacob Zuma geskied het. Blykbaar het Mugabe reeds vir Zuma oortuig en sy “volgehoue steun in Suid-Afrika se grondhervormings- en verinheemsingsproses verseker”.

Verlede week het ‘n hoëvlakafvaardiging van Suid-Afrika se veiligheids- en intelligensiedienste, wat noue bande met die ANC het, in Harare aangekom waar hulle ‘n tyd lank aan die Zimbabwiese Nasionale Weermag se Stafkollege in Harare opleiding sal ondergaan.

Die Suid-Afrikaanse minister van Landelike ontwikkeling, Gugule Kkwinti, het die blaam vir die mislukking van die ANC se grondhervorming op blanke boere geplaas deur hulle daarvan te beskuldig dat hulle die prys van grond opjaag.

“Indien Suid-Afrikaners wat grond besit nie die werklikheid op voetsoolvlak erken nie en nie met die regering kan saamstap wat sy planne betref nie, dan gaan hulle verantwoordelik wees vir die skep van chaos wat erger kan wees as wat ons in Zimbabwe gesien het,” het Nkwinti gesê.

Die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, het tydens die tydvak van Mbeki se presidentskap gesê dat sy land met radikale grondhervorming en die verdrywing van blankes gewag het om die ANC tyd te gee om homself eers behoorlik in te grawe en seker te maak dat hy beheer oor die weermag en polisie geniet Volgens Mugabe kon die skouspel in Zimbabwe in die vroeë negentigerjare die onderhandelings tussen die NP en ANC laat skipbreuk lei het aangesien Suid-Afrikaanse blankes daardeur ontstel kon gewees het.

освещение лестницы вДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.