Eugene Terre’blanche vermoor

Eugene Terre'Blanche
Deel op

Eugene Terre'BlancheDie leier van die Afrikanerweerstandsbeweging (AWB), Engene Terre’blanche, is Saterdagmiddag met ‘n panga en knopkierie op sy plaas 10 km buite Ventersdorp vermoor, het die polisie in Noordwes bevestig.

Kaptein Adèle Myburgh het gesê dat Terre’blanche, 69, deur twee swartes wat vir hom gewerk het nadat hulle na bewering in argument met hom oor betaling omstreeks 6 nm. betrokke was.

“Mnr. Terre’Blanche se liggaam is op die bed met gesigs- en kopbeserings gevind. Daar was ‘n panga en ‘n knopkierie langs die bed.

“‘n 21-jarige en ‘n `15-jarige is in hegtenis geneem en van sy moord aangekla. Die twee het aan die polisie vertel dat ‘n argument onstaan het omdat hulle nie vir hul werk op die plaas betaal is nie,” het sy gesê.

Volgens Myburgh was Terre’blanche alleen met die twee werkers ten tyde van die aanval.

Sê het gesê die twee sou binnekort in die hof op aanklagte van moorde verskyn.

Die Demokratiese Alliansie in Noordwes het sy “woede en kommer” oor Terre’blanche se moord uitgespreek.

“Dit het plaasgevind in ‘n provinsie waar rassespanning in die landelike boeregemeenskap toenemend aangestook word deur onverantwoordelike rassistiese uitlatings deur die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en Cosatu-sekretaris van Noordwes, Solly Pheto, het die DA-LP Juanita Terblanche gesê.

Sy het verder gemeen dat die DA nie Terre’blanche se politieke oortuigings deel nie maar dat ‘n aanval van dié aard as ‘n aanval op die diverse onderdele van die Suid-Afrikaanse demokrasie beskou moet word.

Terblanche het haar meegevoel aan die gesin oorgedra en ‘n beroep op mense gedoen om kalm te bly.

DIe Noordwes-LUR vir openbare veiligheid Howard Yawa het met skok op die nuus van Terre’blanche se dood gereageer en het ‘n beroep op kalmte in die provinsie gedoen.

Yawa het die “gevoellose moorde in die sterkste moontlike terme” verwerp en ook ‘n beroep op mense gedoen om die reg toe te laat om sy gang te gaan.

прессыЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.