Tony Blair keer terug

Deel op

Tony Blair, voormalige Britse premier, het sy terugkeer na Britse politiek Dinsdag aangekondig in ‘n poging om die sukkelende Arbeidersparty te help red.

Blair het by die Trimdon Labour-klub gepraat. Hy het sy opvolger Gordon Brown se “ondervinding, kragtigheid, en oordeel” geprys.

Blair het by dieselfde klub sy intree as leier van die Arbeidersparty in 1994 aangekondig en ook sy bedanking in 2007 ingedien.

Ten spyte daarvan dat hy drie verkiesings in ‘n ry gewen het, is Blair se gewildheid steeds laag as gevolg van sy besluit om Brittanje by die oorlog in Irak te betrek. Maar, kenners meen “hy is ‘n sterk genoeg figuur om die uitslag van die verkiesing te kan beïnvloed.”

купить интернет магазинФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.