VSA toets kernmissiel

Deel op

‘n Westerse militêre amptenaar sê die VSA het ‘n toetslansering van ‘n ballistiese missiel wat kernkoppe kan dra vanaf ‘n duikboot gedoen in ‘n gesamentlike militêre operasie met Saoedie-Arabië.

Die amptenaar sê die Trident-missiel is Woensdag afgevuur, maar kon nie ‘n spesifieke plek gee vanwaar dit gedoen is nie. Hy het op voorwaarde dat hy anoniem bly gepraat vanweë die sensitiwiteit van die kwessie.

Die VSA het hulle missielverdediging opgeskerp in die Golf om enige moontlike missielaanvalle vanuit Iran die hoof te kan bied.

‘n Amptenaar uit die departement van verdediging in Washington het die lansering bevestig maar wou ook anomiem bly omdat hy nie toestemming gehad het om op rekord te praat nie. Hy het egter gesê dit het laat verlede week plaasgevind en dit was deel van ‘n demonstrasie.

светильники поворотныеФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.