Zanu-PF rol die rooi tapyt uit vir Malema

Deel op

Zanu-PF kan skaars wag vir die besoek. Die staatsmedia is die ene afwagting en ‘n vergadering met president Robert Mugabe is belê sowel as ten minste vyf van sy ministers.

Die verlosser wat gaan neerdaal uit die hoogtes is niemand minder nie as ANC-jeugligaleier Julius Malema, wat Vrydag op Harare se lughawe neerstryk.

Malema se besoek kon nie op ‘n beter tyd vir Zanu-PF kom nie. Die party is desperaat is vir enige ondersteuning van sy beleid.

Hy sal brandstof verskaf in die oorlog wat woed rondom Mugabe se veldtog om beheer van groot maatskappye vir swart beleggers. Die Beweging vir Demokratiese Verandering, die MDC, verwerp egter die jeugligaleier se besoek, en het na Malema verwys as “‘n valse revolusionêr wat  ‘n puik leefstyl handhaaf”.

Malema sal nie die MDC ontmoet nie, want dit is ‘n vergadering van bevrydingsbewegings en die twee partye het niks in gemeen het, die ANC-jeugliga het gesê.

Salomo Madzore, sekretaris-generaal van die MDC-jeugliga, het gekla dat Malema se pro-arm houding “valse stryd retoriek” is en dat hy net aandag met sy besoek aan Zimbabwe wil weglei van kritiek terug by die huis.

“As jy na hom kyk, en die leefstyl van ‘n [bemagtigingsminister Saviour] Kasukuwere, sal jy sien dat daar niks is om hulle te identifiseer met die armes nie. Ek het gesien hoe die twee huise van Malema in Sandton lyk,” het Madzore gesê.

Hierdie week Kasukuwere lof op “Kameraad” Malema uitgestort, en gesê dat hy “die nuwe fase van ekonomiese rewolusie aan die gang is,” beliggaam.

Die MDC word, onder meer deur Malema, as ‘n marionet van die Weste beskou.

Maar Zanu-PF se stygende opwinding vir Vrydag was duidelik sigbaar waar duisende plakkate in die strate soos palmtakke wapper op die jeugleier se eerskomende besoek aan die stad. Die uitvoerende bestuur van die Zanu-PF-party se jeugvleuel is die hele week reeds bedrywig in vergaderings, besig met beplanning van die besoek.

‘n Reeks afsprake is gereël, met ‘n besoek aan landbougebiede en myne asook ‘n besoek aan ‘n voormalige ANC-veilige huis. Die Regstellende Aksie Groep, ‘n radikale swart bemagtigingsdrukgroep, sal ‘n maaltyd in sy eer hou.

Die hoogtepunt van Malema se besoek sal ‘n saamtrek in Harare Saterdag wees. Daar is opwellende belangstelling in sy verskyning, selfs onder talle MDC-ondersteuners, ondanks die ontkennings.

Tongai Kasukuwere, ‘n Zanu-PF-jeugligalid,  en ‘n jonger broer van die bemagtigingsminister, het gesê sy party wil met Malema en sy span gesels om te sien hoe die twee lande kan voordeel trek uit hul mynbou-hulpbronne.

“Zanu-PF en die ANC het ‘n gemeenskaplike ideologie, ons is van dieselfde skool van denke,” het hy gesê.

Volgens die amptenaar vir internasionale aangeleenthede Abner Mosaase, het die Suid-Afrikaanse jeugbeweging solidariteit met Zanu-PF belowe, maar beklemtoon ook terselftertyd die belangrikheid van organisasievernuwing.

Hy het gesê die hoofdoel van die toer was die herlewing van bevrydingsbewegings in Suider-Afrika, wat die jeugligas van Swapo in Namibië, Mosambiek se Frelimo en Angola se MPLA insluit.

In ‘n opmerking dat daar dalk kritiek teen Zanu-PF kan kom, het Mosaase gesê die begrip van organisatoriese vernuwing “beteken die weë, en dat die party betrokke moet bly in die samelewing”.

Hy het gesê die boodskap weerspreek nie dié van die Suid-Afrikaanse regering oor Zimbabwe nie, aangesien dit ook die werk wat begin is met Zimbabwe se politieke ooreenkoms, bevorder. Hy het gesê die ANC-jeugliga ook wil lesse oor die buurland se grondhervorming proses leer.

Die Suid-Afrikaanse regering het gesê dat hulle nie bekommerd is oor die jeugliga se interaksie met Zanu-PF nie. “Hulle kan dit doen omdat hulle heeltemal verskillende entiteite is.”

зарядное устройство в машинуОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.