Roy Bennett gevang met mielies

Deel op

Die Zimbabwiese opposisiepolitikus Roy Bennett staan moontlik op nuwe aanklagte tereg wat verband hou met die onwettige besit van ‘n groot hoeveelheid mielies.

Bennet het vanoggend by die hooggeregshof in Harare aangekom om te hoor of sy aansoek vir die tersydestelling van die terreuraanklagte teen hom suksesvol was, toe hy oor die nuwe gebeure ingelig is.

Hy moet op 6 April in die hof verskyn op aanklag dat hy in Oktober 2001 onwettig in die besit was van 109 ton mielies op sy plaas.

Die owerheid het intussen op die mielies beslag gelê.

Bennett sê die mielies is gebruik vir voer en kos vir sy werkers.

Die MDC sê dit is ‘n hernieude poging deur die Zimbabwiese regering om Bennett uit die politiek te hou.

недорогая школьная одежда для девочекАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.