Adverteerder misken Krugersdorp se naam

Deel op

Die VF Plus het vandag ‘n klagte by die Reklame Standaarde Agentskap (ASA – Advertising Authority of SA) ingedien oor die verkeerdelike gebruik van die naam Mogale City op ‘n advertensiebord.

Die advertensiebord op die N14 tussen Pretoria en Krugersdorp van MiWay-korttermynversekering het aanvanklik die naam Krugersdorp vertoon.  Die naam Mogale City is egter skuins bo-oor Krugersdorp geplak.

Mnr. Jaco Mulder, Lid van die Gauteng Wetgewer vir die VF Plus, sê dat daar geen plek soos Mogale City by die Geografiese Pleknaamraad geregistreer is nie, maar wel Krugersdorp.  Mogale City is slegs die naam van die munisipaliteit wat dienslewering aan die groter Krugersdorp gebied lewer.

“Die VF Plus het verlede Donderdag in die Hooggeregshof van Pretoria daarin geslaag om die naamsverandering van Pretoria na Tshwane te stuit deur die handhawing van ‘n vroeëre tussentydse bevel.  Die onsensitiewe gebruik en verandering van plekname in Suid-Afrika moet met groter omsigtigheid hanteer word,” het Mulder gesê.

MiWay behoort deur die ASA versoek te word om die advertensie reg te stel deur die naam Krugersdorp op die advertensiebord terug te plaas.

интернет магазины игрушек харьковАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.