Nog drie het slenkdalkoors onderlede

Deel op

Die ministerie van gesondheid het mense gewaarsku om nie ongepasteuriseerde melk te drink van diere wat met slenkdalkoors besmet is nie.

Dit volg nadat ‘n verdere drie mense met dié virus besmet is.

Charity Bhengu, ‘n woordvoerder van die ministerie van gesondheid, het gesê 69 gevalle van die virus is bevestig.

Twee mense van die Vrystaat het reeds weens die virus gesterf sedert dit op 13 Februarie aangemeld is.

Bhengu het gesê in al die gevalle wat aangemeld is, is die slagoffers of boere, veeartse of plaaswerkers.

Slenkdalkoors word deur muskiete oorgedra en veroorsaak dat dragtige diere hul fetusse aborteer en jong vee, veral skape, vrek.

Direkte kontak met vee wat met slenkdalkoors besmet is, is die grootste risikofaktor, het Bhengu gesê.

“Mense word met die virus besmet deur kontak met weefsel van vee wat met die virus besmet is en minder dikwels van muskietbyte.”

Gevalle van die virus is in die Wes-Kaap, Noord-Kaap, die Vrystaat, Oos-Kaap en Gauteng aangemeld.

Die departement van landbou in die Vrystaat het reeds diere begin inent om te verhoed dat dié virus verder versprei.

Bhengu het gesê enigeen wat in kontak kom met vee moet kontak met besmette diere se weefsel vermy en beskermde klere dra.

Mense wat in direkte kontak met besmette diere kom deur byvoorbeeld die hantering van karkasse, nageboortes en veral bloed kan griep-verwante simptome ontwikkel soos hoofpyn, liggevoeligheid, spier- en gewrigspyn.

no deposit betting siteФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.