‘Skiet die boer’-aansoek vandag aangehoor

Deel op

Die volgende in ‘n reeks uitdagings vir die lirieke “skiet die boer” sal vandag in die Hooggeregshof in Pretoria afspeel as AfriForum ‘n interdik teen die ANC-Jeugliga president, Julius Malema, aanvra om hom te keer om die liedjie te sing.

Malema, wat Zimbabwe ten tyde van die hofverrigtinge gaan besoek om nasionalisering te bestudeer, is Dinsdag aangehaal waar hy gesê het dat hy eerder tronk  toe sou gaan as om die “bevrydingsliedjie” op te hou sing.

AfriForum en die landbou-unie TLU SA sal voortgaan met die aansoek, want hulle het gesê ‘n vonnis wat Malema

verbied om die lirieke te sing, onvoldoende is om hom te keer.

Verlede Vrydag het die Hooggeregshof in Johannesburg bevind dat die gebruik van die woorde ongrondwetlik en onwettig is.

Dit was nadat ‘n hofaansoek gebring is deur die Delmas-sakeman Willem Harmse om te verhoed dat sy kollega Mahomed Vawda die woorde op baniere gebruik en sing tydens ‘n beplande optog teen misdaad.

AfriForum en TLU SA het gesê dat daardie beslissing slegs op die geskil tussen die twee individue betrekking het.

“Malema gaan met sy uitdaging van die regstelsel voort. In ‘n onderhoud met die Sowetan wat Dinsdag verskyn het, het Malema gesê hy sal voortgaan om die liedjie “Dubul ‘ibhunu” (Skiet die boer) te sing.

Die aansoekers beoog om te aan te voer dat die woord “boer”, in hierdie konteks, ‘n neerhalende woord is wat verwys na boere, blankes en Afrikaners in die besonder.

Hulle sê dit kan ‘n gevaarlike aanhitsing tot geweld verteenwoordig.

Die hofgeding volg op Malema se weiering om teen verlede Vrydag verskoning te vra vir die lirieke, wat hy tydens ‘n onlangse byeenkoms aan die Universiteit van Johannesburg gesing het en daar op video opgeneem is. Sedertdien het hy die woorde al verskeie kere gesing.

Die ANC wil appèl aanteken teen verlede Vrydag se beslissing en wil ook duidelikheid oor ander bevrydingsliedjies hê.

Die party sal ook ‘n aansoek by die Gelykheidshof bring om te toets of die openbare “vervolg Malema”-veldtog deur die Vryheidsfront ware haatspraak is of nie.

online slots free money no depositФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.