Chinese sakeman aangeval

Deel op

‘n Chinese sakeman is in sy winkel in Ngaleni naby Mthatha in die Oos-Kaap beroof en aangerand, het die polisie Donderdag gesê.

Supt. Mzukisi Fatyela het gesê vyf mans het die sakeman omstreeks 05:00 aangeval.

“Hulle het hom aangerand en R10 000 gesteel voor hulle gevlug het.”

Die man het diep snywonde aan sy kop en bors opgedoen en is hospitaal toe geneem vir behandeling.

Fatyela het gesê dit lyk asof die rowers hom met ‘n stomp voorwerp geslaan het.

“Hy het probeer terugveg, maar in oorrompel. Die polisie is op die spoor van die vyf mans en hulle sal in hegtenis geneem word.”

‘n 23-jarige verdagte is intussen aangekeer.

no deposit winФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.