Hofuitspraak teen ANC is afdwingbaar

Deel op

Die ANC se uitspraak by monde van sy sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, dat die hofuitspraak wat bepaal die omstrede frase “dubulu ibhunu” (“Skiet die Boere”) onwettig en ongrondwetlik is, nie uitvoerbaar of afdwingbaar is nie, is foutief en ondermynend van die grondwet en die Suid-Afrikaanse regstelsel.

Howe maak juis nie uitsprake wat onafdwingbaar of onuitvoerbaar is nie. Mantashe moet eerder tyd spandeer en artikel 165 van die grondwet gaan bestudeer. Dit sal hom en die ANC goed te pas kom. Artikel 165(3) bepaal dat geen persoon mag inmeng met die funksionering van die howe nie. As sekretaris-generaal van die regerende party behoort hy van beter te weet.

Die uitspraak gemaak deur waarnemende regter Leon Halgryn is afdwingbaar en uitvoerbaar. Dit sal nie te moeilik wees om die organisasie en ampsdraers van die ANC aanspreeklik te hou vir die gevolge van hulle dade wat hieruit voortspruit nie. Die VF Plus gaan derhalwe regsadvies inwin om te kyk of Mantashe se opmerkings oor hierdie uitspraak nie op minagting van die hof neerkom nie.

паркет деревянныйФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.