VF+ moet hof toe, maar PAC nie

Deel op

“Die VF Plus vind dit vreemd dat die ANC en die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, die VF Plus nou hof toe wil sleep omdat die party vra dat Julius Malema voor die hof gedaag moet word, maar die ANC tree nie op teen die PAC se jeugliga wat gedreig het om Malema te vermoor nie,” was dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofweep se reaksie op die ANC se voorneme om die VF Plus voor die Gelykheidshof te daag oor die party se “vervolg Malema-veldtog”.

“Die VF Plus sal homself in die Gelykheidshof met alle middele tot sy beskikking teen die ANC verdedig. Dit sal ons doen met die hulp en ondersteuning van die breë Suid-Afrikaanse publiek wat net soos ons moeg is vir Julius Malema se onverantwoordelike en opruiende uitsprake,” het dr. Mulder bygevoeg.

Dit is ontstellend dat die senior ANC-leierskap nou by monde van Gwede Mantashe probeer om die onverdedigbare te verdedig. Om ‘n veldtog, wat vra dat ‘n einde gemaak word aan die ANC-jeugleier se optrede wie van platform na platform gaan en hom skuldig maak aan haatspraak en opsweping van mense, nou as haatspraak te laat verklaar, grens aan die absurde.

Die VF Plus het voorts geen betrokkenheid gehad met die moord van Chris Hani of die Pepco-drie nie. Mantashe se uitsprake in hierdie verband is onverantwoordelik en maak hy hom skuldig daaraan om ‘n sekere gevaarlike klimaat hieroor te skep.

светодиодный asdпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.