Button ry Albert Park aan die brand!

Deel op

Dit was net enkele weke gelede dat die hele wêreld gekla het dat formule een baie eentonig en vervelig geword het.  Ná die wedren in Australië sing almal ’n nuwe deuntjie; dit was regtig opwindend en skouspelagtig. Fernando Alonso in sy Ferrari het nou wel nie gewen nie, maar hy is nog die voorloper vir die seisoen.

Die Brit Jenson Button en huidige wêreld kampioen in sy McLaren het die 2010 Austarliese wedren op ’n dramatiese wyse gewen. Die plaaslike held Mark Webber kon slegs negende eindig en Micheal Schumacher het tiende klaargemaak nadat hy vroeg-vroeg sy drukvlerk moes laat verstel.
Sebastian Vettel, wat weereens die vinnigste was, het nogmaals met ‘n stukkende motor nie klaargemaak nie. Twee weke gelede was dit die Red Bull se vonkproppe, Sondag was dit die remme, as die motor net wil saamwerk dan gaan die vonk behoorlik spat in die komende wedrenne. Die finale uitslae is soos volg.

 

Pos

No

Bestuurder

Span

Rondte

Tyd/Uitgeval

Plek

Punte

1

1

Jenson Button

McLaren-Mercedes

58

1:33:36.531

4

25

2

11

Robert Kubica

Renault

58

+12.0 sek

9

18

3

7

Felipe Massa

Ferrari

58

+14.4 sek

5

15

4

8

Fernando Alonso

Ferrari

58

+16.3 sek

3

12

5

4

Nico Rosberg

Mercedes GP

58

+16.6 sek

6

10

6

2

Lewis Hamilton

McLaren-Mercedes

58

+29.8 sek

11

8

7

15

Vitantonio Liuzzi

Force India-Mercedes

58

+59.8 sek

13

6

8

9

Rubens Barrichello

Williams-Cosworth

58

+60.5 sek

8

4

9

6

Mark Webber

RBR-Renault

58

+67.3 sek

2

2

10

3

Michael Schumacher

Mercedes GP

58

+69.3 sek

7

1

11

17

Jaime Alguersuari

STR-Ferrari

58

+71.3 sek

17

12

22

Pedro de la Rosa

BMW Sauber-Ferrari

58

+74.0 sek

14

13

19

Heikki Kovalainen

Lotus-Cosworth

56

+2 Rondtes

19

14

20

Karun Chandhok

HRT-Cosworth

53

+5 Rondtes

22

Uit

24

Timo Glock

Virgin-Cosworth

41

+17 Rondtes

23

Uit

25

Lucas di Grassi

Virgin-Cosworth

26

+32 Rondtes

24

Uit

5

Sebastian Vettel

RBR-Renault

25

+33 Rondtes

1

Uit

14

Adrian Sutil

Force India-Mercedes

9

Enjin

10

Uit

12

Vitaly Petrov

Renault

9

+49 Rondtes

18

Uit

21

Bruno Senna

HRT-Cosworth

4

+54 Rondtes

21

Uit

16

Sebastien Buemi

STR-Ferrari

0

Ongeluk

12

Uit

10

Nico Hulkenberg

Williams-Cosworth

0

Ongeluk

15

Uit

23

Kamui Kobayashi

BMW Sauber-Ferrari

0

Ongeluk

16

Uit

18

Jarno Trulli

Lotus-Cosworth

0

Hidroliese

20

Bron: GMM

to playФільчаков Олександр Васильович

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.